Leesplan inligting

Hou die Kleingeld: Bestuur Jou Geld Verstandig Voorbeeld

Keep the Change: Managing Your Money Wisely

DAG 4 VAN 7

Noudat ons daaroor gesels het hoe om 'n ingesteldheid van oorvloed te ontwikkel, is dit belangrik om te kyk na een van die eerste maniere waarop ons God met ons finansies eer — die tiende. Alli het as student op kollege ontdek wat dit beteken en hieronder is wat sy in die proses geleer het: 



"Ek was 18 toe ek die eerste keer gehoor het van tiendes gee. Ek wou iets vir God gee maar, om eerlik te wees, was ek oorweldig toe ek uitgevind het wat dit beteken. Kon ek regtig vir God genoeg vertrou om 10 persent van my kollegegelde en klein inkomste as deeltydse werker bymekaar te skraap om vir my kerk te gee?"



"Selfs al het ek die idee aanvaar, was ek reeds besig om al die redes te regverdig waarom my tiende nie saak gemaak het nie. Tien persent van my deeltydse werk sou slegs byna R7 per week wees. Wat kon God met so 'n klein bedrag doen?"



"Ek was eendag op die punt om nie meer na my pastoor te luister nie, toe hy iets gesê het wat ek nooit sal vergeet nie. Hy het gesê: “God wil nie meer van jou hê nie; Hy wil meer vir jou hê.”  



"Aanvanklik het dit nie vir my sin gemaak nie. Hoe kon God iets vir my wou hê deur geld by my te vat?  My probleem was dat ek vergeet het dit was in die eerste plek nooit myne nie."



"Om 'n tiende te gee is die een area in ons geloof waar God ons toestemming gee om Hom te toets (Maleagi 3:10). Hoekom sal ons kies om te gee? Ek dink dis omdat God die grootste Gewer van alle tye is. Hy het ons sondeskuld permanent afbetaal deur Jesus te stuur om namens ons te sterf. Dit is vrygewigheid wat die verstand te bowe gaan. Wanneer ons dus kies om ons eerste en beste vir God te gee, word ons meer soos Hy. 



Die belangrike van tiendes is dat dit niks met geld te doen het nie. Dit klink vreemd, nie waar nie? God het nie jou geld nodig nie — want Hy is immers God. Wat van die kerk? Gebruik hulle net die Skrif om jou skuldig te laat voel sodat jy geld sal gee? Nie as hulle 'n goeie kerk is nie. 'n Goeie kerk bekommer hulle oor jou hart. Hoekom? Want God wil jou hart hê, nie jou beursie nie. Wat vertel Jesus ons van geld? Hier is drie punte:" 




  1. "'n Beperkte begroting hoef jou nie te keer om vrygewig te lewe nie (Markus 12:41-44).  Daar is 'n verhaal in die boek Markus waar Jesus kyk hoe ryk skynheiliges met hulle offergawes spog. Dan kom 'n arm weduwee en gee “twee muntstukkies.” Ek is seker sy moes verleë gevoel het. Nie goed genoeg nie. Nie waardig nie. Dan doen Jesus iets vreemds. Hy sê dat die arm vrou meer gegee het as al die rykes gesamentlik. Hoekom? Sy het 'n opoffering gemaak. Die rykes het      iets weggegee wat hulle nie sou mis nie. Wat belangrik is, is nie die bedrag wat ons gee nie. Dit gaan oor ons harte en om in geloof te gee.

  2. As ons meer soos Jesus wil word, kan ons nie die moeilike dele vryspring nie. In Matteus 23:23 sê Jesus ons moet tiendes gee, maar ons moenie vergeet van ander belangrike dinge soos geregtigheid en barmhartigheid nie. Sommige mense beskou dit as Jesus wat vir ons toestemming gee om nie tiendes te gee nie, maar ek dink die teenoorgestelde is waar. Toe ek begin het om meer te gee, het ek minder aan myself begin dink, wat daartoe gelei het dat ek ander meer wil dien. Ons kan nie      uitkies watter gedeeltes van Jesus se onderrig ons wil aanvaar en watter ons wil verwerp nie. Hy      wil hê ons hele lewens moet in sy rigting georiënteerd wees.

  3. Liefde vir geld is dikwels die grootste mededinger vir ons gehoorsaamheid aan God (Matteus 6:24). Wanneer ons op geld staatmaak om dinge te voorsien wat net God kan voorsien, maak ons van geld 'n afgod. Daarom het Jesus gesê dat ons nie beide God en geld kan dien nie. Ons kan nie verwag om ons geld op te gaar en steeds 'n vrygewige God te behaag nie."


"Ek verstaan indien jy skepties oor tiendes is. Ek was ook. Ek weet wel dat ek nog nooit nader aan God gevoel het as toe ek besluit het om Hom met my finansies te vertrou nie — selfs toe ek skaars my twee-minuut noedels kon bekostig."


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Keep the Change: Managing Your Money Wisely

Geld kan 'n onderwerp wees wat ongemaklik is om te bespreek en moeilik is om te verstaan. Hoe ons ons geld aanwend kan egter bepaal hoe ons ons lewens deurbring. Hoe kan ons dan verseker dat ons God vereer en ander met o...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid