Leesplan inligting

Geloof Soos ’N MosterdsaadVoorbeeld

Geloof Soos ’N Mosterdsaad

DAG 6 VAN 7

Jesus waak oor ons


Handelinge 7 vertel die verhaal van Stefanus. Net toe hulle hom wou stenig, het Stefanus opgekyk en vir Jesus aan die regterhand van God sien staan, en Jesus het na hom gekyk. Ek het pas die lewensverhaal van ’n groot gelowige, John Paton, ’n Skotse sendeling, gelees. Hy het sy huis in 1858 verlaat en onder die kannibale van die Nieu-Hebriede gaan werk, waar sy lewe in groot gevaar was. Hy het gesê: “Hulle het ons met ’n dodelike kring omsingel en die een het aangehou om die ander aan te moedig om die eerste hou te slaan. My hart het na die Here Jesus opgestyg; ek het Hom na my sien kyk van daar bo af. Vrede het weer oor my neergedaal soos ’n golf van God. Ek het besef my lewe is onverganklik totdat my Meester se werk vir my afgehandel is.”


Jy voel dalk vandag jy is heeltemal alleen en staan voor ’n reus. Lees dan wat John Paton geskryf het: Sonder die blywende bewussyn van die teenwoordigheid en krag van my Here en Verlosser sou niks in hierdie wêreld my daarvan bewaar het om alle rede te verloor en ’n ellendige dood te sterf nie. Dit is die reine waarheid dat ek my dierbaarste en intiemste kykies op die teenwoordigheid van my Here ontvang het in daardie afgryslike oomblikke toe gewere, knuppels en spiese op my gerig is. In daardie oomblikke wanneer ons in gevaar is, is die Here die naaste aan ons en vir ons werkliker as op enige ander oomblik.


Hierdie man van God het dit ook besef. Wanneer jy vandag met jou dagtaak voortgaan, onthou dat jy nie alleen is nie. Daar is Iemand wat oor jou die wag hou en Hy sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Geloof Soos ’N Mosterdsaad

Die oordenkings in 'n Mosterdsaad is bedoel vir elke kind van God wat geloof so groot soos ’n mosterdsaad nodig het om deur die dag te kom. Só kan hulle in die volheid wandel van alles wat God in die koninkryk vir hulle ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid