Leesplan inligting

Geloof Soos ’N MosterdsaadVoorbeeld

Geloof Soos ’N Mosterdsaad

DAG 5 VAN 7

Jesus maak jou skoon


Buiten die baie bekende vers in die Bybel, naamlik Johannes 3:16 wat sê: “God het die mensdom só liefgehad … ” was hierdie vers – 1 Johannes 1:9 – een van die eerste Bybelverse wat ek as nuwe Christen leer ken het. Dit was ’n vers wat my vrygemaak het. Wanneer jy jou lewe vir Jesus gee, is die eerste ding wat gebeur dat jy baie lief raak vir Hom. Alles word pragtig, skoon en rein. Dan begin die Heilige Gees jou oortuig van – en die duiwel begin jou aankla oor – dele van jou lewe wat nie reg is nie. Dit is wanneer jy hierdie Bybelvers moet onthou.


Ek beskou hierdie vers in 1 Johannes as ’n groot knipper met lang handvatsels en baie skerp tande. ’n Goeie knipper kan selfs ’n dik ketting middeldeur knip. Hierdie Bybelvers knip al die aanklagte van die duiwel middeldeur, want hy is die aanklaer van gelowiges, die vader van alle leuens. Al die dinge wat in die verlede gebeur het, is bedek met die bloed van Jesus. Daardie sondes word vergewe wanneer jy jou lewe aan die Here oorgee.


Vandag kan jy ’n wonderlike dag geniet omdat jy weet daar is geen veroordeling meer vir dié wat in Christus Jesus is nie (Rom. 8:1). Jy is ’n nuwe mens in Christus. Wanneer die duiwel jou dan aankla en die Heilige Gees oortuig jou in jou hart van jou sonde, bely dit, want Jesus is getrou. Hy is regverdig. Wat beteken dit? Dit beteken omdat Hy aan die kruis op Golgota gesterf het, kan Hy elke sonde wat jy nog ooit gedoen het, vergewe. Hy is die enigste Een wat die mag het om dit te doen.


Gaan en moenie meer sonde doen nie. Die Here sê: “Draai om, loop weg van daardie sonde af en moet nooit weer daarheen terugkeer nie, want jy is vergewe en jy is inderdaad vrygemaak.”


Moenie toelaat dat die duiwel jou vandag deur sy leuens van jou nuwe lewe beroof nie. Bely net alles wat nie reg is in God se oë nie, sit dit agter jou en gaan aan met jou lewe. Wanneer die Here Jesus jou vrymaak, sal jy inderdaad vir ewig vry wees. Wanneer God vergewe, vergeet Hy ook. Dit is een van die redes hoekom ek so lief is vir Hom.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Geloof Soos ’N Mosterdsaad

Die oordenkings in 'n Mosterdsaad is bedoel vir elke kind van God wat geloof so groot soos ’n mosterdsaad nodig het om deur die dag te kom. Só kan hulle in die volheid wandel van alles wat God in die koninkryk vir hulle ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid