Leesplan inligting

Lewenslustig: 'n Lewe Die Moeite Werd Om Te LeweVoorbeeld

Vibrant: A Life Worth Living

DAG 3 VAN 5

Een van die mees skrikwekkende afskrikmiddels in jou strewe om 'n lewe van ongeëwenaarde lewenskragtigheid te ervaar, is niemand anders as jy nie! Dit is dikwels onsself wat in die pad kom om elke dag aan te gryp asof dit 'n wonderwerk is, elke persoon asof hy of sy 'n geskenk is en elke oomblik as 'n nuwe geleentheid vir betekenis.



Ek weet dat ek net vir myself kan praat en nie vir jou nie, maar ek neem volle verantwoordelikheid vir al daardie kere wat ek vriendelikheid geskrap het van my lys van toepaslike reaksies en om te kies om vas te hou aan seer in my verlede eerder as om dit te laat gaan. Paulus het dinamiese advies vir die van ons wat ons eie swakhede erken as dit kom by die hantering van ander. Dit is eenvoudige raad en ongekompliseerde wysheid wat van die hart van God af kom deur die pen van Paulus.



Paulus en die Heilige Gees het saamgespan om ons te help met daardie klein spiertjie in ons mond. Die opdrag is soos volg: "Moet nooit, nie eens een keer toelaat dat 'n onheils woord uit jou mond uit kom nie. Moet dit nie doen nie! Jy sal dit berou! Jy is gemaak vir meer as dit!"



Al dink jy dat dit 'n vermoede aan my kant is, kan ons seker wees dat die hart van die Heilige Gees ingestel was om sy diep hartseer oor hoe ons met mekaar praat aan ons te kommunikeer.



Die woord wat die Heilige Gees in Paulus se oor gefluister het aangaande hierdie situasie is hartseer. Dit is slegs moontlik om iemand hartseer te maak wat jou baie lief het. Is dit nie wonderlik om te weet dat jy baie geliefd is deur die Heilige Gees nie? Hy het 'n verlange daarna om 'n persoonlike en kosbare verhouding met jou te hê.



O! Ek wil nie skuldig daaraan wees dat ek iemand hartseer maak wat my baie lief het nie, wil jy? Ek wil hê my lewe moet 'n geurige aroma wees vir die Heilige Gees en nie 'n vieslike reuk nie. Ek het geleer dat om die Heilige Gees te behaag is meer as om net my Bybel te lees, my tiende te gee of om tyd deur te bring op my knieë in gebed. Die Heilige Gees word behaag deur my lewe wanneer ek woorde van genade spreek selfs in omstrede situasies.  


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Vibrant: A Life Worth Living

Elke persoon kan kies om lewenslustig te wees, en so 'n lewe begin deur Jesus te volg. Elke karakter eienskap wat ons geroep word om te koester, elke daad van goedhartigheid of liefde en elke woord van deernis of sagthei...

More

Ons wil Whitaker House bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid