Leesplan inligting

Lewenslustig: 'n Lewe Die Moeite Werd Om Te LeweVoorbeeld

Vibrant: A Life Worth Living

DAG 2 VAN 5

Die Heilige Gees herinner ons herhaaldelik om 'n lewe van vrede te leef en om bekommernis te weerstaan. Ons word verskeie kere herinner om ander saggies te hanteer en om 'n lewe van dankbaarheid te leef. Ek wonder hoekom voel die Heilige Gees dat dit nodig is om party dinge vir ons oor en oor te sê?



Ek glo die Heilige Gees sê vir ons hierdie dinge oor en oor omdat Hy weet dat mense soms stadige leerders is. Die Heilige Gees, op sy geduldige manier, het die tyd en die geleentheid geneem om ons te herinner aan hierdie fundamentele kwessies in die Skrif ... en daarvoor is ek dankbaar, is jy nie?



Die Here nooi ons om 'n glorieryke leefstyl te kweek wat vry is van jaloesie, begeertes en selfs geestelike verduistering wat nie by ons hoort nie. As iets nie aan jou behoort nie, moenie iets daarmee te doen hê nie of dit nou geestelik, emosioneel of tasbaar is.



Wanneer jy moeg is van 'n lang dag by die werk is een van die mees bevredigendste gevoelens in die wêreld om jou kop op jou kussing neer te lê in die aand. Dit maak nie saak wat jou werk behels het nie (skoonmaak, leierskap, herstelwerk, onkruid uittrek, organisering, afstof, berading, versorging of enige iets anders), as jy gewerk het met jou fokus op God kan jy rus in die wete dat jy 'n produktiewe en 'n God-vererende dag gehad het.



Werk hard maar werk met vreugde! Werk ywerig maar werk met vrygewigheid! Werk hartlik en herinner jouself gereeld dat jy werk om die Here te vereer!



Aan die die einde van hierdie pynlike praktiese vers, kom Paulus uiteindelik by die doel daarvan om 'n eerlike en vlytige lewe te leef: as gevolg van jou ywerigheid, kan jy nou met ander deel wat jy verdien het deur jou integriteit. Eerlikheid word eerbaar wanneer jy vrygewig aan ander uitdeel. Pligsgetroue werk raak eksponensieel meer doelgerig wanneer jy werk om sendelinge en die kerk te help en om die koninkryk uit te brei.



Vrygewigheid is 'n opwindende en 'n onvergelykbare aspek van ons vermoë om 'n lewe van vreugde en doelgerigtheid te lewe. Jy sal nooit die lewe van jou drome leef deur op te gaar of deur selfsugtige gedrag nie. Wanneer jy oordadig bestee in die deug van vrygewigheid, sal jy die rede ontdek waarvoor jy gemaak is! 


 
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Vibrant: A Life Worth Living

Elke persoon kan kies om lewenslustig te wees, en so 'n lewe begin deur Jesus te volg. Elke karakter eienskap wat ons geroep word om te koester, elke daad van goedhartigheid of liefde en elke woord van deernis of sagthei...

More

Ons wil Whitaker House bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid