Leesplan inligting

In gesprek met my HereVoorbeeld

In gesprek met my Here

DAG 9 VAN 15

Antwoord op gebed


In sy boek Miracles gesels C.S. Lewis oor gebed. Iemand wat wetenskaplik kan bewys dat ’n gebeurtenis deur sy gebed veroorsaak is, sal soos ’n towenaar voel, sê hy. Die kans is goed dat hy ’n groot kop sal kry. Dit is presies wat met koning Hiskia gebeur het. Wanneer die Here sy gebed verhoor en ’n wondergenesing bewerkstellig (2 Kon. 20), is Hiskia glad nie dankbaar nie — die Bybel berig dat hy ingenome met homself geword het sodat die toorn van die Here oor hom én Juda ontvlam het.


Dis beter om te glo dat alles wat gebeur antwoorde op ons gebede is, of dit nou ons versoeke is wat toegestaan óf geweier word. Alle gebede word gehoor, alhoewel alle gebede nie vérhoor word nie, sê Lewis. Miskien het jy ook al wonderantwoorde op jou gebede ontvang — indien dit gebeur het, mag jy jou nooit daaroor aanmatig nie. God is soewerein en alwetend. Hy weet áltyd wat die heel beste antwoord op jou gebed is, ook wanneer hierdie antwoord hemelsbreed verskil van die een wat jý graag wou hê. Weet dat God elkeen van jou gebede sal hoor — ook al is daar baie van hulle wat Hy nie na die letter verhoor nie.


Vader, ek weet dat U elkeen van my gebede op die heel beste manier beantwoord. Vergewe my dat ek soms wonder waarom U nie alles gee wat ek graag wil hê nie. Amen.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

In gesprek met my Here

Al sukkel jy om die regte woorde te vind en al wonder jy of jou gebede ooit help, is gebed iets waarmee jy erns móét maak. Nina Smit word in 15 oordenkings saam met jou stil om dié belangrike onderwerp en sorg vir ’n pos...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid