Leesplan inligting

In gesprek met my HereVoorbeeld

In gesprek met my Here

DAG 8 VAN 15

Die Hoofrede vir gebed


Die eenvoudigste antwoord op die vraag waarom ons behoort te bid, is omdat Jesus gebid het, sê Philip Yancey. Jesus het dikwels met sy Vader gepraat. Dit is baie interessant dat daar net één van Jesus se gebede opgeteken is waar Hy iets vir Homself gevra het, naamlik sy gebed in Getsemane toe Hy by God gepleit het om die lydensbeker van Hom weg te neem.


In die pragtige Hoëpriesterlike gebed in Johannes 17 dra Jesus sy dissipels, asook alle mense wat in die toekoms in Hom sal glo, aan sy Vader op. Hy bid dat God hulle een sal maak, dat hulle sy blydskap en liefde in hulle sal hê en dat hulle aan God toegewy sal wees. Aan die kruis vra Hy dat sy Vader die mense wat Hom laat kruisig het, sal vergewe. Jesus se gebede draai nooit om sy eie behoeftes nie, maar is gesprekke met sy Vader waarin Hy dinge vir ánder mense vra.


Hoe lyk jou gebede? Gebruik jy hulle om werklik met God te kommunikeer, om Hom te loof en te dank en om vir ander in te tree, of draai jou gebede steeds om jou eie selfsugtige versoeke?


Here Jesus, leer my asseblief om op dieselfde manier as U te bid sodat ek werklik met U sal kommunikeer wanneer ek bid en nie net vir U vra om vir my dinge te doen nie. Amen.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

In gesprek met my Here

Al sukkel jy om die regte woorde te vind en al wonder jy of jou gebede ooit help, is gebed iets waarmee jy erns móét maak. Nina Smit word in 15 oordenkings saam met jou stil om dié belangrike onderwerp en sorg vir ’n pos...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid