Leesplan inligting

In gesprek met my HereVoorbeeld

In gesprek met my Here

DAG 3 VAN 15

Op moedverloor se vlakte?


As probleme in jou eie lewe jou op die oomblik moedeloos maak, kan jy seker weet dat hierdie emosie nie van God kom nie. Dit is nooit God se wil dat sy kinders moedeloos moet wees nie.


In sy boek If You Want To Walk On Water You’ve Got To Get Out Of The Boat vertel John Ortberg dat hy een van sy spirituele mentors gevra het waaraan ’n mens jou geestelike welstand kan meet. Dié vriend het hom ’n baie interessante antwoord gegee. Die eerste vraag wat hy hom afvra, is: Raak ek die afgelope tyd makliker moedeloos? Want, sê hy vir Ortberg, as ek die gevoel het dat God naby my is, verloor my probleme hulle vermoë om my gees te benadeel.


Moenie moedeloosheid toelaat om die oorhand oor jou denke te kry nie. As dit vir jou voel asof jy by Job op die ashoop wil aansluit, gaan praat met Gód oor die dinge wat jou so moedeloos maak, en vra Hom om vir jou nuwe moed te gee. Hy is nie verniet die God wat moedelose mense weer moed gee nie. Hy sal jou uit die put van moedeloosheid optrek en jou voete weer op ’n rots laat staan.


Here, vergewe my dat ek my so maklik deur gevoelens van moedeloosheid laat onderkry. Gee asseblief vir my u krag sodat ek weer vol moed sal wees. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

In gesprek met my Here

Al sukkel jy om die regte woorde te vind en al wonder jy of jou gebede ooit help, is gebed iets waarmee jy erns móét maak. Nina Smit word in 15 oordenkings saam met jou stil om dié belangrike onderwerp en sorg vir ’n pos...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid