Leesplan inligting

Sag en Nederig: 'n 14-dag LeesplanVoorbeeld

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

DAG 6 VAN 14

Gevalle, angstige sondaars is onbeperk in hulle vermoë om redes te vind waarom Jesus hulle moet verwerp. Ons is letterlik fabrieke wat vars weerstand teen Christus se liefde skep. Selfs wanneer ons nie meer tasbare redes het om verwerping te verwag nie, soos spesifieke sondes van versuim, is ons geneig om 'n vae idee te hê dat as ons genoeg tyd kry, Jesus vir ons moeg sal word en ons op 'n afstand hou.



Miskien is dit nie sonde so seer as lyding wat veroorsaak dat ons die uithouvermoë van Jesus se hart bevraagteken nie? Namate pyn vermeerder en gevoelloosheid na die verloop van maande oorneem, word die gevolgtrekking mettertyd duidelik — ons is verwerp. 



Dit is tog seker nie hoe die lewe moet voel vir iemand wat in die hart van 'n sagmoedige en nederige Verlosser gekoester word nie? Jesus sê egter in Johannes 6:37: "Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie." Dit gaan nie oor wat die lewe vir ons bring of nie, maar aan wie ons behoort, wat Christus se hart van liefde vir ons bepaal.



Al wat verpligtend is om die vreugde van soveel liefde te geniet, is om na Hom toe te gaan. Om Hom te vra om ons aan te neem. Hy sê nie, "Elkeen wat voldoende berou het kom na my," of "Elkeen wat sleg genoeg voel oor hulle sondes kom na my," of "Elkeen wat ekstra pogings aanwend kom na my." Hy sê: "elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê" Johannes 6:40.



Die krag van ons vasberadenheid is nie die formule om sy welwillendheid te behou nie. Toe my tweejarige seun Benjamin, nader aan die swembad begin waggel, gryp hy instinktief my hand. 



Hy hou styf vas namate die water geleidelik dieper word. 'n Tweejarige se greep is egter nie baie sterk nie. Kort voor lank is dit nie hy wat aan my vas hou nie, maar ek wat hom vashou. As hy aan sy eie krag oorgelaat word, sal hy sekerlik uit my hand glip. As ek vasberade is dat hy nie uit my greep sal val nie, is hy veilig. Hy kan nie wegkom van my af nie al probeer hy. 



So is dit met Christus. Ons klou aan Hom vas. Ons greep is egter soos 'n tweejarige s'n binne die stormagtige golwe van die lewe. Sy sterk greep wankel nooit nie. Psalm 63:9 (AFR83) gee uitdrukking aan hierdie tweeledige waarheid: "Ek bly altyd naby U, u hand ondersteun my."



Ons praat van iets veel dieper as die leerstelling van ewige sekuriteit of "eenkeer gered, altyd gered" — 'n glorieryke leerstelling, 'n ware leerstelling — soms word ook daarna verwys as die volharding van die heiliges. 



Dieper egter as die leerstelling van ewige sekuriteit, het ons gekom by die leerstelling van volharding deur die hart van Christus. Ja, Christene wat hul redding verklaar het kan wegval, wat aandui dat hulle nooit regtig in Christus was nie. Ja, wanneer sondaars met Christus verbind is, is daar niks wat hulle kan ontbind nie. 



Binne die raamwerk van hierdie leerstellings, hoe word die hart van God tasbaar in Christus? Wat laat Hom meer instinktief reageer, as ons sondes en lyding wat ophoop? Wat verhoed Hom om koud te word? Die antwoord is, sy hart. Die versoeningswerk van die Seun, beskik deur die Vader en toegepas deur die Gees, verseker dat ons tot in ewigheid veilig is. 



'n Vers soos Johannes 6:37: "Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie," verseker ons dat dit nie slegs 'n Goddelike besluit is nie, maar 'n Goddelike begeerte. Dit is die hemel se vreugde. Christus wil hê ons moet na Hom toe kom sodat Hy ons kan koester en nooit laat gaan nie.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

Verken Christus se hart vir sondaars en diegene wat ly deur elke dag 'n kort Skrifgedeelte te lees en oor 'n besondere aspek van die hart van God en van Christus te peins. Besef weereens nie net wat Jesus vir jou gedoen ...

More

Baie dankie aan Crossway wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.crossway.org/books/gentle-and-lowly-hcj/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid