Leesplan inligting

Sag en Nederig: 'n 14-dag LeesplanVoorbeeld

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

DAG 9 VAN 14

Voorbidding is iets wat Christus altyd doen, terwyl voorspraak iets is wat Hy doen wanneer die geleentheid dit vereis. Hy tree vir ons in en vergewe algemene sondes, maar hy doen vir ons voorspraak in die geval van spesifieke sondes. 



Let op die persoonlike aard van Christus se voorspraak. Dit is nie 'n statiese deel van wat Hy doen nie. Sy voorspraak gebeur wanneer die geleentheid dit vereis. Die Bybel onderrig ons nêrens dat wanneer jy gered is en met Christus vereniging is, dat ons erge sonde iets van die verlede sal wees nie. 



Inteendeel, dit is ons toestand van herlewing wat ons meer en dieper bewus maak van die omvang en diepte van ons sonde. Ons sondes voel baie erger nadat ons gelowiges geword het. Dit is nie net die waarneming van ons sonde wat ons voel nie — ons doen inderdaad nog sonde nadat ons gelowig geword het. Partykeer sondig ons erg. Dit is wanneer Christus ons voorspraak is. 



Dit is God se manier om ons te motiveer om nie handdoek in te gooi nie. Ja, ons misluk as Christus se dissipels. Sy voorspraak namens ons rys egter baie hoër uit as ons sondes. Sy voorspraak is luider as ons mislukkings. Vir alles is gesorg.



Wanneer jy sondig, onthou jou wettige verhouding voor God as gevolg van die werk wat Christus gedoen het — maar onthou ook jou voorspraak voor God weens die hart van Christus. Hy het opgestaan en verdedig jou saak, weens die verdienste van sy eie lyding en dood. 



Jou verlossing is nie bloot net 'n saak van 'n reddende formule nie, maar van 'n reddende Persoon. Wanneer jy sondig, styg sy vasberadenheid al hoër. Wanneer sy broers en susters misluk en struikel, dan is Hy 'n voorspraak namens hulle omdat dit is wie Hy is. Hy kan dit nie verdra om ons alleen en aan ons aan ons eie genade oor te laat nie.



Wie is Jesus in ons oomblik van geestelike leegheid? Nie: Wie is Hy wanneer jy die sonde oorwin het nie, maar wie is Hy te midde daarvan? Die apostel Johannes het gesê dat Hy vir ons intree en al ons beskuldigers trotseer. 



Jesus is ons Heilige Gees, ons vertroostende Verdediger, die Een wat nader aan ons is as ons asem, sy hart dwing Hom om op te staan en vir ons verdediging in te tree wanneer ons sondig, nie nadat ons dit oorkom het nie. In die sin is sy voorspraak ons oorwinning.



Ons is inderdaad geroepe om ons sonde te laat staan en geen ware Christen sal dit anders voorstel nie. Wanneer ons in sonde val, verlaat ons ons ware identiteit as 'n kind van God, ons nooi ellende in ons lewens in en ons beledig ons hemelse Vader. 



Ons is geroepe om dieper vlakke van volwassenheid in persoonlike heiligheid te bereik, namate ons met die Here wandel, in ware toewyding en met nuwe insig oor gehoorsaamheid. Wanneer ons dit egter nie najaag nie — wanneer ons kies om te bly sondig — alhoewel ons ons ware identiteit verlaat, sal ons Verlosser ons nie verlaat nie. 



Dit is die oomblikke wanneer sy hart namens ons breek en Hy met hernude voorspraak en 'n dawerende verdediging in die hemel vir ons intree wat alle aanklaers stilmaak, die engele verstom en die Vader vier wat ons omhels, ten spyte van alles wat ons verbrou het.



Moenie jou sonde gering ag of dit verskoon nie. Moenie dit verdedig nie. Neem dit eenvoudig na die Een wat alreeds aan die regterhand van die Vader sit, wat jou voorspraak is weens sy eie wonde. Laat jou eie ongeregtigheid en al jou donkerte en wanhoop jou na Jesus Christus toe dryf, die regverdige in al sy helderheid en genoegsaamheid.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Gentle and Lowly: A 14-Day Devotional

Verken Christus se hart vir sondaars en diegene wat ly deur elke dag 'n kort Skrifgedeelte te lees en oor 'n besondere aspek van die hart van God en van Christus te peins. Besef weereens nie net wat Jesus vir jou gedoen ...

More

Baie dankie aan Crossway wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.crossway.org/books/gentle-and-lowly-hcj/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid