Leesplan inligting

Ongewone RaadVoorbeeld

Atypical Advice

DAG 6 VAN 6

Moenie van jou gevoelens weghardloop nie.



Die "gevoel" is 'n golf van emosies wat jou soos 'n 10-ton vragmotor tref en jou alles laat bevraagteken en dit kan brutaal wees. Dis net natuurlik om daarvan te probeer weghardloop. 



Dalk het jy jou gewese man met sy nuwe vriendin gesien. Dalk het jy pas na This is Us gekyk. Of dalk het jy slegte nuus ontvang, 'n moeilike verwerping ervaar of jy voel eensaam.



Op een of ander manier ondervind jy "gevoelens". 



Ons probeer dikwels die gevoelens vermy. Ja, ons het #foreveralone, waar ons kan saamwees, kla en minder alleen voel. Laat ons nou eerlik wees. Ons vermy die "gevoelens". 



Maar Jesus — volkome God en mens — het 'n volmaakte lewe gelei en Hy is die volmaakte voorbeeld van hoe ons behoort te lewe. 



Wil jy weet watter raad Jesus jou sal gee? Moenie van jou "gevoelens" weghardloop nie, laat dit toe om jou na God toe te laat hardloop.



Jesus het sy dood en opstanding voorspel. Jy kan dit in Matteus 16 en Markus 8 gaan lees. Waar vind ons Hom net voor sy kruisiging? In die Tuin van Getsemane. 



Lukas skryf dat Jesus in doodsangs was en dat sy sweet soos druppels bloed was (Lukas 22:44). Jy sweet gewoonlik as jy senuweeagtig of bang is. Let egter op, Jesus omseil nie sy gevoelens nie. Hy is op sy knieë in gebed en sê vir sy Vader wat Hy voel. Hy het uitgeroep, "Vader" en God gevra om die lyding weg te neem (Lukas 22:42). 



Die wonderlike ding daarvan om nie weg te skram van hierdie moeilike gevoelens nie, is dat hulle ons nader aan God bring. 



Aan die einde van sy gebed, sê Jesus: "Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!" As ons ons probleme en gevoelens by Jesus se voete neerlê, word ons versterk en gehelp om deur die pyn te gaan sodat God se wil kan geskied. 



Hier is nog 'n voorbeeld. Jesus het ook die einde van 'n ander verhaal geken — toe Hy Lasarus uit die dood opgewek het.



Toe Hy te hore kom dat Lasarus siek was, was sy eerste reaksie dat dit nie op die dood sal uitloop nie en dat dit tot God se verheerliking sal wees (Johannes 11:4). Later, toe Jesus en sy dissipels op pad na Judea was, het Hy prontuit vir hulle gesê dat Lasarus sal opstaan (d.w.s. weer lewe) (Johannes 11:21-23). 



Toe hulle Jesus na Lasarus se graf neem, het Hy begin huil. Weer eens krop Hy nie sy gevoelens op nie. Hy weet dit is tot God se verheerliking en dat Hy Lasarus letterlik binne enkele oomblikke sal sien, maar tog gee Hy Homself tyd om hartseer te wees. Dan, net soos in Getsemane, roep Hy uit "Vader", en begin bid. 



In hierdie gebed herinner Jesus ons kragtig aan 'n eienskap van God: Hy hoor ons áltyd (Johannes 11:41-42). Dis hoekom ons na Hom toe gaan met ons gevoelens. Hy luister na ons. 



Nadat jy jou gevoelens aan God bekend gemaak het, vind jy vryheid. As jy kies om dit te laat gaan, het God die geleentheid om God te wees. Hy kan beheer oor die situasie neem en sy liefde, vreugde, genade en vrede uitstort. Ervaar dus die gevoelens ten volle; dit help jou om 'n dieper geloof te ervaar as jy na die Vader toe gaan.  



Hier is wenke as jy dalk vergeet hoe om dit te doen: 




  1. Bid en roep uit na jou Vader. 

  2. Vertel Hom hoe jy regtig voel. 

  3. Sien hoe God se wil geskied. 



Oordink: Het jy jou gevoelens probeer vermy? Is daar iets waardeur jy moet werk en oor moet bid? 



Bid: Jesus, U is volkome God en mens, tog het U nooit gesondig nie. U is die doel waarna ek streef, en om meer soos U te wees, wil ek nie my gevoelens omseil nie. As ek hardloop, wil ek hê dit moet nader na U en die Vader wees. Hier is ek dus. Ek lê dit alles neer. _______ pla my al 'n geruime tyd en ek voel ________. Ek bid om u krag en leiding. Laat u wil geskied, Here. Amen.  


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Atypical Advice

Wat sou Dawid, Moses, Daniël, Petrus, Rut en Jesus vir Millenniërs en/of Generasie Z te sê hê? Vind uit in hierdie 6-dag leesplan waarin ons ongewone raad vanuit welbekende Bybelstories gee.

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid