Leesplan inligting

Ongewone RaadVoorbeeld

Atypical Advice

DAG 4 VAN 6

Verbrou. Maak reg. Beweeg aan.   



Nou ja, jy het verbrou, nè? Jy het iets gesê wat iemand seergemaak het. Jy het iets wreed gedoen of net eenvoudig 'n fout gemaak. Wel, Petrus kan hom hiermee vereenselwig. 



Toe Jesus weggeneem is om veroordeel en later gekruisig te word, het Petrus Hom verraai (Lukas 22:54-62). Jesus moes vir seker seergemaak gewees het deur hierdie verraad, en Petrus het beslis sleg gevoel — hy het gehuil toe hy besef wat hy gedoen het (Markus 14:72). 



Ons weet dat Petrus vir Jesus geken het en in der waarheid een van sy naaste vriende was. Soms maak jy die mense seer wat jy liefhet. 



Petrus sal jou heel waarskynlik herinner dat daar altyd 'n kans vir verlossing is. 



Na die opstanding het Jesus verskeie kere aan sy dissipels verskyn. Tydens een van hierdie verskynings het Hy na ontbyt 'n gesprek met Petrus gehad. In hierdie gesprek het Petrus vir Jesus gesê dat hy hom liefhet; nie een keer nie, maar drie keer. Hoe bevrydend moes dit nie gewees het nie? 



Aan die einde van hulle gesprek het Jesus vir Petrus gesê om sy skape te laat wei en Hom te volg. Wat beteken dit nou eintlik? Jesus het vir Petrus gevra om sy volgelinge te onderrig en te versorg. Hy het vir Petrus gevra om voort te gaan om dissipels vir Christus te maak. Hy het hom gevra om die kerk te lei. 



Dalk, soos Petrus, verwyt jy ook jouself oor iets wat jy gesê of gedoen het om 'n geliefde seer te maak. Dalk spook daardie haatdraende woorde of kommentaar wat jy aanlyn geplaas het by jou. Dalk verwyt jy jouself dat jy iemand op skool geboelie het. 



Al wat jy moet doen, is om in berou na Jesus toe te gaan. Hy sal jou die genade gee om van die pyn ontslae te raak en jou foute met nuwe waarhede te oorkom. 



Jou foute kan jou net definieer as jy hulle toelaat. Petrus hét toe vir Jesus se skape gaan sorg. Hy het ook sommige van die boeke van die Nuwe Testament geskryf om die goeie nuus te versprei, en het vir Christus gesterf. 



Beweeg dus aan. Moenie vasval nie. Jy is verlos. 



Oordink: Verwyt jy jouself nog steeds oor 'n fout wat jy gemaak het? Hoe kan jy jouself vergewe, vir daardie persoon vergifnis vra en/of berou toon?  



Bid: Vader, ek is jammer. Ek het verbrou en ek ___. Ek het nie bedoel om ___ seer te maak nie. Ek het hulle lief, en ek het U lief. Vergewe my asseblief. Ek wil nie meer hierdie las dra nie. Ek wil myself vergewe en lê dit aan u voete neer. Dankie vir u genade en barmhartigheid. Amen. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Atypical Advice

Wat sou Dawid, Moses, Daniël, Petrus, Rut en Jesus vir Millenniërs en/of Generasie Z te sê hê? Vind uit in hierdie 6-dag leesplan waarin ons ongewone raad vanuit welbekende Bybelstories gee.

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid