Leesplan inligting

Die WrokVoorbeeld

The Grudge

DAG 4 VAN 7

Om God te Vergewe



Ons was almal al daar, nie waar nie? Dit voel of alles verkeerd loop en ons vra hierdie eenvoudige vraag aan God: Hoekom gebeur dit met my? Na alles wat ek vir U gedoen het? 



Daar is tye wanneer ons verwagtinge van wat God behoort te doen, verskil van wat God in der waarheid doen. Indien God altyd aan jou verwagtinge voldoen, sou Hy nie God gewees het nie, Hy sou jou persoonlike assistent wees. 



Niemand het dit beter geweet as Johannes die Doper nie. Johannes, wat Herodes se verhoudingskeuses gekritiseer het, het in die tronk gesit omdat Herodes kwaad was vir hom daaroor. Johannes het waarskynlik gewag. Hy het op Jesus gewag. Per slot van rekening, hoekom sou Jesus hom nie kom red nie?



In Matteus 11:3 vra Johannes vir Jesus: "Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?"



Met ander woorde, "Is jy regtig wie jy sê jy is? Is jy nou werklik die Messias? As jy dan is, sou ek mos nie nou in hierdie vuil tronksel gesit het nie."  



Wanneer ek dit lees, sou ek verwag dat Jesus triomfantlik sou opdaag, die tronkmure afbreek en vir Johannes red. (Dit klink nogal na 'n wonderlike aanbiddingslied, nie waar nie?)



In plaas daarvan, sê Jesus:



"Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien: Blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, en aan armes word die evangelie verkondig" (Matteus 11:4-5).



Hy antwoord nie Johannes se vraag met 'n direkte "ja" of "nee" nie, maar ek is seker toe Johannes dit hoor, hy geweet het dat Jesus die Messias is. Hoe anders sou die blindes tog kon sien, die dowes kon hoor en die dooies uit die dood opgewek kon word?



Dan voeg Jesus iets by wat alle beskouings omvergooi en gaan voort om dit onderstebo te keer.



Hy voeg by: "Gelukkig is elkeen vir wie Ek nie 'n struikelblok is nie" (Matteus 11:6 NLV).



Hoe nou?



Ek sou gedink het Jesus mag dalk sê: "God seën hulle wat nie in sonde val nie." Hy sê dit nie. 'n Ander vertaling van dieselfde vers sê: "En God sal mense seën wat nie twyfel nie en wat aanhou om in My te glo" (Matteus 11:6 ABA).



In werklikheid sê Jesus dat jy geseënd is as jy nie oor God se optrede aanstoot neem nie — of met tye, sy oënskynlike gebrek aan optrede.



Eerlikwaar, dis vir my nogal moeilik om te verstaan. Jesus sê dat sommige mense teleurgesteld sal wees oor sy gebrek aan optrede. Die huwelik verbrokkel. Die kanker word nie genees nie. Jou verlore seun keer nooit terug nie. Johannes die Doper word uiteindelik in die tronk onthoof.



Ons omstandighede is nie noodwendig 'n weerspieëling van sy goedheid nie, maar sy teenwoordigheid is wel. Jy is geseënd wanneer jy God in jou laagtepunte vertrou, selfs nadat jy Hom berge sien verskuif het. Partykeer is die seën daar, selfs sonder die deurbraak. As God dus nie optree soos jy verwag nie, kan jy maar gefrustreerd voel. Jy mag maar vrae vra, twyfel of worstel. 



Jy is egter geseënd as jy nie oor God aanstoot neem nie en eerder tyd met Hom deurbring — Hom vergewe, Hom ervaar en Hom liefhet vir wie Hy is en nie net vir dit wat Hy gedoen het nie. 



—Johan, wat van frustrasie na vergifnis beweeg. 



Bid: Vader, ek is jammer oor die wyse waarop ek U behandel het, soos 'n assistent, in plaas van 'n Verlosser. Help my om U te vergewe as U nie altyd aan my verwagtinge voldoen het nie en vergewe my dat ek my menslike verwagtinge in U oneindige krag plaas. In die Naam van Jesus, amen. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Grudge

Dis soos 'n albatros om die nek. Dit hou mense weg. Dis swaar en pynlik — dit is die wrok. Daar is baie onder ons wat dit nie besef nie, maar ons dra wrokke wat aan die lig moet kom. Leer hoe jy vryheid deur vergifnis ka...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid