Leesplan inligting

Die WrokVoorbeeld

The Grudge

DAG 3 VAN 7

Om Verraad te Vergewe 



My pa het my ma verlaat toe sy vyf maande swanger was met my. Terwyl ek grootgeword het, het ek nie veel daaraan gedink nie. Dit was net ek en my ma, en ek het daarvan gehou. Soos die jare verbygegaan het, het my frustrasie egter begin groei, omdat ek 'n vader-seun verhouding ontneem is.



Frustrasie teenoor my pa omdat hy my ma verlaat het. Frustrasie teenoor my ma omdat sy nie hul verhouding gered het nie. Selfs frustrasie teenoor myself omdat die gedagte om 'n seun te hê — ek — hom nie oortuig het om te bly nie. Die woede het gegroei. Dit het irrasioneel, misplaas en verregaande geword. Met elke nuwe negatiewe gedagte, het die las van my vader-seun verhouding net swaarder geword.



Teen die tyd dat die las te swaar geword het om verder te dra, het ek besluit om my pa te ontmoet.



Ek het hom binne 'n paar weke opgespoor en planne beraam dat ons saam sou eet. Die hele week in aanloop daarvan, het ek siek gevoel. Benoude gedagtes het by my opgekom, tesame met elke moontlike onsekerheid oor my afwesige-vader kwellinge.



Ek het deur 'n stampvol restaurant gestap na 'n gesig wat op 'n vreemde manier soos my eie gelyk het, en vir die eerste keer het ek my pa in die oë gekyk. Dit was verrassend gewoon.



Die kern-oomblik het gou aangebreek en ek het vir hom gesê: "Ek is jammer dat ek jou vir soveel jare gehaat het."



Hy het vinnig geantwoord: "Ek is jammer vir al die seer wat ek jou aangedoen het."



Snaaks genoeg, op daardie oomblik het die swaar las my verlaat. Ek het 'n verhouding met my pa gehad. Ek het die woede laat vaar, maar toe breek die volgende oggend aan. Ek het alles gekry wat ek wou hê, maar was nog steeds kwaad vir hom.



Ek het geleer dat die las van seer uit die verlede, nie op een slag verlig word nie. Jy moet leer om dit elke dag 'n bietjie te laat vaar. Doen dit so: 



1. Stel vas wat die las swaarder maak. Sekere dinge sal dit aanwakker. In plaas daarvan om paniekerig te raak wanneer hierdie emosies kop uitsteek, gee erkenning daaraan. Haal diep asem, kalmeer, en stel vas wat jou so laat voel.



2. Stel grense. Wanneer jy eers vasgestel het watter faktore jou weer die seer laat ervaar van aksies wat jy probeer vergewe, stel dan grense vas. Sekere dinge sal daartoe aanleiding gee, stel dus grense om jou hart te beskerm. 



3. Vertel jou verhaal aan ander. Nadat ek my pa ontmoet het, was ek uitgesproke teenoor my vriende oor die emosionele wipplank wat ek gery het. Die meeste het ook 'n afwesige pa gehad en kon dus my seer verstaan. Ek was egter nie bewus van die verandering wat ook in hulle plaasgevind het nie. Kort nadat ek besluit het om my pa te ontmoet, het drie van my beste vriende dieselfde besluit geneem. Jou verhaal is kragtig en inspirerend. Wanneer jy vergewe en jou seer laat vaar, deel jou verhaal met ander! Jy het geen idee hoeveel trefkrag dit het nie.



Ongeag watter verhouding herstel nodig het, leer om te laat vaar. Jy mag net agterkom dat jou laste daarna 'n bietjie ligter is.  



—Riaan, wat elke dag 'n bietjie laat vaar.



Vra: 



Watter laste dra jy?



Watter gebroke verhouding moet herstel word?



Aan watter pynlike omstandigheid hou jy te styf vas?



Bid: Vader, help my om die gebroke verhoudings in my lewe te herstel. Help my om te leer om die seer van die verlede te laat vaar en ander te vergewe soos U ons vrylik vergewe. Gee my die wysheid om te weet watter grense ek moet stel en hoe om dit te begin doen. In die Naam van Jesus, amen. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Grudge

Dis soos 'n albatros om die nek. Dit hou mense weg. Dis swaar en pynlik — dit is die wrok. Daar is baie onder ons wat dit nie besef nie, maar ons dra wrokke wat aan die lig moet kom. Leer hoe jy vryheid deur vergifnis ka...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid