Leesplan inligting

Die Manifes vir Romantiese AfsprakeVoorbeeld

The Dating Manifesto

DAG 6 VAN 7

Diens


Jou enkellopende tydperk is 'n goeie tyd waarin jy kan dien. Daar is 'n rede hoekom Paulus gesê het dat 'n ongetroude man en vrou sonder afleidings kan fokus op hoe om "die Here te behaag". Ons het tyd, aandag en energie om te gee. Daar is ook baie goeie plekke waar jy kan dien.


Begin deur 'n toets vir geestelike gawes te doen as jy nog nie het nie. Vind uit waarmee jy goed is. Besluit dan waaroor jy spesifiek passievol is. Soos Bill Hybels gevra het: "Wat is jou 'heilige ontevredenheid', daardie ding wat jou ontstel, wat veroorsaak dat jy wil deel wees van 'n oplossing, verandering of hernuwing?"


Vind uit wat in jou kerk of gemeenskap gedoen word. As dit waaroor jy passievol is nie bestaan nie, skep dit. Of, dalk voel jy gedrewe om 'n opening te vul in 'n bestaande projek. Dalk is dit 'n bediening waarin jy nog nooit betrokke was of oorweeg het nie; ondersoek dit. Kerke het altyd kritiese behoeftes wat gevul moet word. Dit is dalk jou tyd om een daarvan te vul. Ek het my deel gedoen van peuselhappies- en koffiediens; ek het nagmaalglasies volgemaak; ek het gehelp om gipsborde staan te maak. Is ek fantasties met hierdie dinge? Nee. Dit het my egter rigting gegee. Wanneer daar 'n behoefte is, sien ek dit soms as my beurt om in te tree.


Dit is ook 'n goeie tyd om op sendinguitreike te gaan, op projekte te werk en langtermyn as vrywilliger by 'n bediening aan te sluit. Jong volwassenes word gereeld gekritiseer dat hulle lui, eiegeregtig en onwillig is om hulle tot enigiets te verbind. Hier is 'n kans om mense verkeerd te bewys. Stel 'n voorbeeld soos 1 Timoteus 4:12, deur te wys dat jy 'n selfbeginner is wat bereid is om in te spring, dinge gedoen te kry en verandering te lei. Jy sal beslis sommige koppe laat draai. Nadat jy al hierdie goeie dinge in jou enkellopende tydperk beoefen het, gaan my finale punt vreemd klink. Hier is dit egter: Jou enkellopende jare is 'n goeie tyd om te belê in die huwelik, beide die huwelike van mense om jou en jou eie toekomstige huwelik.


Neem nou alles in wat jy kan. Lees boeke oor die huwelik. Gaan na konferensies oor die huwelik. Gesels met getroude paartjies. Vind soveel as moontlik uit waaroor die huwelik gaan. Enkellopendes wat die huwelik in hulle toekoms sien moet passievol oor die huwelik wees. Ons moet studente daarvan wees. Die eerste paar jaar van die huwelik is 'n aanpassing — soms 'n besonder moeilike een. Weet wat om te verwag sodat jy dit trompop kan ontmoet. Dan kan jy waarlik die proses geniet.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Dating Manifesto

Nog steeds enkellopend, alhoewel jy dalk eerder getroud wil wees? Lisa Anderson, gasheer van die "Boundless-potgooi" is ook enkellopend. In haar tipiese humorgevulde styl, bied sy goeie Bybelse insigte en bemoediging wat...

More

Baie dankie aan Lisa Anderson en David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.dccpromo.com/the_dating_manifesto/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid