Leesplan inligting

Die Manifes vir Romantiese AfsprakeVoorbeeld

The Dating Manifesto

DAG 2 VAN 7

Wanneer?


Wanneer is dit tyd om aan die huwelik te begin dink? Dit is nou. Ek sê vir ouers van jong kinders dat as hulle nog nie begin het om 'n visie vir die huwelik in hulle huise te vertoon het nie, dan het hulle alreeds 'n agterstand. Dit is nooit te vroeg om vir jou kinders te wys hoe 'n goeie huwelik lyk nie. Dit is nooit verkeerd om vir 'n jong seun die regte manier te leer hoe om 'n vrou te behandel nie. Klein dogtertjies moet weet dat vrou- en mamma-wees 'n heilige roeping is wat dalk eendag hulle s'n sal word. Dit alles maak saak.


Eweneens, moet jy nie op 20 die huwelik beperk tot in die verre toekoms nie. Ja, die gemiddelde ouderdom van die eerste huwelik het hoër geword. In 1960, was die ouderdomme 20 en 22 jaar vir vroue en mans, onderskeidelik. Daardie ouderdomme het nou verhoog na 26 en 29 jaar. Daar is egter min bewyse dat dit oor die algemeen beter is. In plaas daarvan, lei dit tot vertragings in volwassenheid, werk sukses en ouerskap. Dit beteken ook dat meer handleidings oor die huwelik nodig is, want daar is baie onsekerheid onder enkellopendes wat wonder of hulle hulle geleentheidsvenster gemis het en agtergelaat is toe die trein van die huwelik uit die stasie vertrek het.


Ek probeer nie om paniek te saai nie. Ek sê nie jy moet uithardloop en met die eerste meisie wat jy sien trou nie. Ek vra net dat jy oor die huwelik sal nadink. Begin bid daaroor. Kweek 'n ywerige begeerte in jou hart daarna. Laat ander weet dat jy oop is daarvoor. En vereer dit, selfs as 'n enkellopende persoon.


Hebreërs 13:4 sê: "Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word ..." Dit sluit dié wat nog nie getroud is nie in en ook dié wat dalk nooit sal trou nie. Volg God se voorbeeld en ontwikkel 'n groot respek vir die huwelik. Ons kerke, kultuur en gesinne het dit desperaat nodig.


Indien jy al 30 jaar oud is of ouer, moenie moed verloor met die idee van die huwelik nie. Ek het nie. Jy weet eenvoudig net nie wat God vir jou toekoms inhou nie. Dit mag dalk nie die verhaal wees wat jy verwag het nie, maar God laat val nooit die bal nie. Hy is nooit laat nie en Hy is nie wispelturig nie. Wag vir jou verhaal om te ontvou en doen jou deel daarin.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Dating Manifesto

Nog steeds enkellopend, alhoewel jy dalk eerder getroud wil wees? Lisa Anderson, gasheer van die "Boundless-potgooi" is ook enkellopend. In haar tipiese humorgevulde styl, bied sy goeie Bybelse insigte en bemoediging wat...

More

Baie dankie aan Lisa Anderson en David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.dccpromo.com/the_dating_manifesto/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid