Leesplan inligting

Wat Van Uitgaan?Voorbeeld

What About Dating?

DAG 3 VAN 7

Kommunikeer Goed


Partykeer is dit moeilik om die waarheid te praat, om te deel presies wat jy op die hart het. Jy wil die beste voorhou aan die een vir wie jy omgee, maar jy is bang vir wat dalk mag gebeur as hy of sy uitvind wat jy werklik oor iets dink. Of, dalk is jou gevoelens seergemaak en jy verwag dat jou maat jou gedagtes moet lees. Soms word jy kwaad en sê dinge wat jy nie regtig bedoel nie. Dalk voel jy jaloers, maar is te skaam om te verduidelik. 



Daarenteen, moet jy dikwels 'n aandagtige, nie-veroordelende oor aan jou maat bied.



Wanneer jy uitgaan is dit 'n tyd om mekaar te leer ken sodat julle oor 'n langtermyn toekoms saam 'n ingeligte besluit kan neem. Om dit te laat gebeur, moet julle praat. Julle moet verduidelik. Julle moet deel. Julle moet luister. Julle moet oefen om te kommunikeer. Begin vandag! 



Bid



Vader, U is so goed daarmee om u liefdevolle waarheid in u Woord te kommunikeer. Help my en my maat om ons harte met mekaar te deel op 'n respekvolle manier wat U vereer.



Gesonde verhoudings gebeur natuurlik soos wat individue daarna streef om getrou vir God te lewe — en een manier wat ons dit kan doen is om te oefen om goeie luisteraars te wees.



Lees



Jakobus 1:19



Nadenke



Watter deel van die vers pas jou die beste: gewillig om te luister, nie te gou te praat nie, of nie te gou om kwaad te word nie? Waarmee het jy die grootste geleentheid om te verbeter?



Reageer



Stel weeklikse "in-loer"-geleenthede met jou maat in om te kommunikeer. Bid saam en deel dan een ding wat jy van jou maat waardeer, een hoop of droom en indien van toepassing, een ding wat jy wil sien in julle verhouding moet verander. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

What About Dating?

Of jy nou met iemand uitgaan, enkellopend, of al vir tien jaar getroud is, dit kan ons almal goed doen om 'n bietjie Bybelse wysheid vir ons romantiese verhoudinge te kry. Laat God direk met jou vrae oor uitgaan en verho...

More

Ons wil graag vir American Bible Society bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bibleresources.americanbible.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid