Leesplan inligting

Wat Van Uitgaan?Voorbeeld

What About Dating?

DAG 2 VAN 7

Vergeet van die Oorhand


Sommige "kenners" op die gebied van uitgaan, stel voor dat jy dit vir die ander persoon moeilik moet maak. Hulle beveel aan dat jy 'n sekere tydperk moet wag voordat jy na 'n romantiese afspraak met die ander persoon kommunikeer. Hulle waarsku daarteen om nie te vinnig te wys dat jy belangstel, of om die persoon te laat agterkom hoe jy regtig voel nie. Die doel? Om beheer te verkry — om die oorhand in die verhouding te hê. 



Die Bybel sê egter iets anders. 'n Verhouding is 'n geleentheid om die waarheid te praat. Om 'n ander persoon se behoeftes bo jou eie te stel. Om op 'n onselfsugtige manier om te gee vir die een in wie jy belangstel. Om 'n ander se geluk bo jou eie te begeer. Om soos Christus te wees.



Klink nogal anders, nê? God se benadering werk regtig.



Bid



Vader, die samelewing vertel my dinge wat teenstrydig is met wat u Woord sê. Help my om bo die geraas u waarheid te hoor. Help my om liefdevol op te tree, op 'n manier wat U en my maat respekteer. 



Die apostel Paulus beskryf hoe om mekaar lief te hê — deur spesifieke houdings en gedrag.



Lees



Filippense 2:3



Nadenke



Dit is maklik om selfsugtig te wees sonder om dit te besef. Het jy al ooit geprobeer om die oorhand in 'n verhouding te kry? Hoekom? Wat was die eindresultaat?



Reageer



Dink aan een manier hoe om vandag jou maat te respekteer deur sy of haar belange bo jou eie te stel. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

What About Dating?

Of jy nou met iemand uitgaan, enkellopend, of al vir tien jaar getroud is, dit kan ons almal goed doen om 'n bietjie Bybelse wysheid vir ons romantiese verhoudinge te kry. Laat God direk met jou vrae oor uitgaan en verho...

More

Ons wil graag vir American Bible Society bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bibleresources.americanbible.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid