Leesplan inligting

Daar Staan GeskryweVoorbeeld

It Is Written

DAG 3 VAN 31

Geestelike Water


deur Robert Morris



Die vorige twee dae het ons oor die brood van die lewe gesels, maar vandag gaan ons fokus op hoe die Woord van God ook die water van die lewe is. In Psalm 105:40 lees ons dat God vir die Israeliete brood uit die hemel gegee het terwyl hulle in die woestyn getrek het op pad na die beloofde land. Die brood het ook geestelike betekenis gehad. In die volgende vers lees ons dat God ook vir hulle water uit 'n rots voorsien het. Dink jy dis moontlik dat die water en die rots ook geestelike betekenisse het wat op ons van toepassing is? Ek glo dit.



1 Korintiërs 10:4 werp in der waarheid lig op die geestelike betekenis van die rots en die water: "... en almal het dieselfde geestelike drank gedrink: hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat met hulle saamgegaan het. Die rots was Christus." Die water is sy Woord en Hy is die rots. Die Bybel is vol simboliek. Dis 'n geestelike boek wat deur 'n geestelike Wese geskryf is vir geestelike wesens. Dit verkwik jou gees wanneer jy dit lees. Psalm 1:2 praat van die man wat sy vreugde in die woord van die Here vind en dit dag en nag oordink. Vers 3 sê: "Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak."



Hier verteenwoordig die boom die mens en die waterstrome verteenwoordig die Woord van God, dus beteken dit wanneer ons die Woord "drink", sal ons vrug dra. Dink aan die vrug van die Gees — liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing — wanneer jy oor die Woord van God nadink, sal dit hierdie geestelike vrugte in jou lewe voortbring en jou voorspoedig maak.



Josua 1:8 sê dat die Woord jou voorspoedig sal maak "in enigiets wat jy doen", of dit jou huwelik, gesondheid, finansies, loopbaan of ouerskap is. As jy glo wat Psalm 1:1-3 sê, sal dit jou lewe en gewoontes verander. Die omgekeerde is ook waar: as ons nie elke dag oor die Woord nadink nie, is ons soos bome wat nie water kry nie; ons verdroog en verwelk en dra geen vrug nie.



Watter gewoontes kan jy verander om tyd in te ruim om Bybellees 'n deel van jou daaglikse lewe te maak? Dalk moet jy 'n halfuur vroeër opstaan of minder TV kyk. Wat jy ook al opoffer om die water van die lewe te drink, sal 'n verskil in jou lewe maak en jy sal voorspoedig wees en vrug dra.



Gebed


Vader, dankie dat u Woord my gees verkwik. Ek dors na meer van U. Help my om meer vrug te dra. Wys my watter metodes ek kan aanwend om daagliks u Woord te lees. In die Naam van Jesus. Amen.



Geheuevers


"Maar Hy antwoord: 'Daar staan geskrywe: 'n Mens leef nie net van brood nie
maar van elke woord wat uit die mond van God kom'" Matteus 4:4.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

It Is Written

Hierdie 31-dag oordenking, wat saamgestel is uit die onderrig van pastore Robert Morris en Marcus Breechen van Gateway Church, fokus op die belangrikheid om die Woord van God in jou alledaagse lewe te hê. Elke dag onthul...

More

Ons wil graag dankie sê vir Gateway Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://gatewaypeople.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid