Leesplan inligting

Daar Staan GeskryweVoorbeeld

It Is Written

DAG 31 VAN 31

Jesus is die Woord


deur Robert Morris



Jy is dalk bekend met Johannes 1:1 wat sê: "In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God." Jesus is die Woord en alles het deur Hom tot stand gekom. Sonder Hom sou daar niks wees nie. Dink vir 'n oomblik daaroor na en verpersoonlik dit. Alles in jou lewe kom van Hom af en sonder Hom sal niks gebeur nie.



Johannes 1:10 is 'n treurige vers. "Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie." Jesus het die wêreld geskep, maar die wêreld het nie eens geweet dat Hy vir hulle lewe en asem gegee het nie. Hulle het nie die Een geken wat hulle geskep het nie. Hulle het nie sy Woord geken nie. Ons het die afgelope paar dae daaroor gesels; as ons oor die Woord van God nadink, leer ons Hom ken en iets bonatuurlik begin gebeur. Hoekom? Omdat ons in werklikheid oor Jesus nadink as ons sy Woord bestudeer.



Kolossense 1 sê dat alles deur Hom geskep is en dat Hy alles in stand hou. Ek dink daar is sommige dinge wat Jesus in jou lewe wil skep en wat Hy in stand wil hou. Daar is egter iets wat ons moet verstaan. Wanneer jy Jesus aanvaar, bepaal jy hoeveel van sy lewe jy gaan toelaat om deur jou lewe te vloei. Een manier om dit te bepaal, is om te kyk na hoeveel tyd jy in sy Woord deurbring. Hoe meer tyd jy in sy Woord deurbring, hoe meer sal sy lewe in jou vrygestel word en dis dan wanneer die bonatuurlike plaasvind. Dis hoekom ons 31 dae oor verskillende aspekte van sy Woord nagedink het. Ek hoop dat ons almal sal toelaat dat sy lewe deur ons vloei.



Kom ons kyk nou na vandag se vers (Filippense 4:8): "Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig." Jy ken dalk hierdie vers, maar ek wil hê jy moet dit in 'n ander lig sien. Dit sê ons moet ons gedagtes rig op dinge wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is. In ons studie het ons agtergekom dat al hierdie woorde gebruik kan word om die Woord van God te beskryf. Hoe wonderlik is dit nie?



Noudat jy hierdie oordenking en studie van die Woord van God voltooi het, het jy 'n belangrike besluit om te neem. Sal jy voortgaan om die Woord van God 'n deel van jou daaglikse lewe te maak? Kyk terug oor die laaste 31 dae. Hoe het jou lewe verander? Ervaar jy meer vrede? Dra jy meer vrug? Ek wil jou aanmoedig om voort te gaan om dieper in die Woord te delf en namate jy aanhou om dit te lees en daaroor te mediteer, sal die Here aanhou om jou voorspoedig te maak in alles wat jy doen.



Gebed


Vader, dankie dat U vir my u Woord gee. Help my om oor dinge na te dink wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is. Here, verander asseblief my lewe en help my om meer soos U te wees. Dankie dat U u Woord op my hart skryf. In die Naam van Jesus. Amen.



Geheuevers


"Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees" Josua 1:8.


Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

It Is Written

Hierdie 31-dag oordenking, wat saamgestel is uit die onderrig van pastore Robert Morris en Marcus Breechen van Gateway Church, fokus op die belangrikheid om die Woord van God in jou alledaagse lewe te hê. Elke dag onthul...

More

Ons wil graag dankie sê vir Gateway Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://gatewaypeople.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid