Leesplan inligting

7 Wonderwerke van JesusVoorbeeld

7 Wonderwerke van Jesus

DAG 7 VAN 7

MAAK DIE HERE STEEDS MENSE GESOND?


Maak Jesus vandag nog mense gesond? Die kort antwoord is, ja! God se krag wat deur Jesus op die aarde vertoon is, het nie verander nie, en sal ook nooit verander nie.


Nadat Jesus teruggegaan het hemel toe, lees ons in Handelinge van baie mense wat genees is (Handelinge 5:12-16). Ons lees ook in die Nuwe Testament dat ons moet bid vir genesing (Jakobus 5:14-16).


Jy wonder dalk waarom ons deesdae nie meer so baie wonderbaarlike genesings sien nie.


Eerstens, om dieselfde rede waarom Jesus dikwels vir die mense wat Hy genees het, gesê het om dit vir niemand te vertel nie, wil God nie hê mense moet net na Hom toe kom omdat hulle genesing vir hul liggame wil hê nie. Sy hoofdoel met ons is dat ons na Hom sal kom om gered te word en die ewige lewe te ontvang, en eendag in die hemel nuwe liggame sal kry.


Tweedens, daar is baie dokters, hospitale en medisyne wat mense help om weer gesond te word. Daarom is die behoefte aan wonderbaarlike genesing nie meer so groot soos in die Bybelse tyd nie. Jy hoef byvoorbeeld nie vir ’n seer tand te bid as jy tandarts toe kan gaan en die gaatjie kan laat stop nie.


Daar is tog situasies waar daar geen genesing is nie, of waar iemand verlam, doof of blind is. Dan kan mense wel in geloof bid en ’n wonderwerk verwag. Die Here het selfs vir sommige mense die gawe van genesing gegee (1 Korintiërs 12:9).


Wanneer ons siek voel, gee die Here nie om dat ons Hom vra om ons weer gesond te maak nie. Hy kies dalk om ons met medisyne te genees of om ons siekte sommer net weg te neem, maar Hy sal altyd ons gebed op die beste manier beantwoord.


Hierdie oordenkings is geneem uit ELKE DAG SAAM MET JESUS deur Dave Strehler © Christelike Uitgewersmaatskappy. 

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Wonderwerke van Jesus

Het Jesus regtig wonderwerke gedoen? Gebeur wonderwerke vandag nog? Hierdie oordenkings sal jou help om Jesus te leer ken asof jy self een van sy volgelinge was en daar was vir elke wonderwerk wat Jesus gedoen het. Hierd...

More

Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Dave Strehler bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid