Leesplan inligting

7 Wonderwerke van JesusVoorbeeld

7 Wonderwerke van Jesus

DAG 6 VAN 7

JESUS LOOP OP WATER


Die dissipels was eenkeer alleen in ’n skuit terwyl Jesus alleen by ’n berg op gegaan het om te bid.


Daar het ’n sterk wind oor die meer gewaai, en die branders het die dissipels in die meer rondgegooi. In die vroeë oggendure, terwyl dit nog donker was, het Jesus op die water na hulle toe geloop. Die dissipels was vreesbevange, want hulle het gedink hulle sien ’n spook.


Maar Jesus het vir hulle gesê: “Toemaar, moet julle nie ontstel nie. Dit is Ek.” Watter wonderlike woorde van hoop vir die bang dissipels! Hulle het al die hele nag geroei en was bang dat hulle sou sink … en toe dink hulle boonop hulle sien ’n spook!


Wanneer die lewe stormagtig raak en dit voel of jy oorweldig gaan word deur moeilikhede, dan vrees jy die ergste. Jy worstel alleen totdat jy uitgeput is; en net wanneer jy dink jy kan nie meer aangaan nie, raak dinge erger. Gaan staan net stil! Sit die roeispane van jou bootjie neer en bid. Jesus kom om jou te help. Moenie bang wees nie!


IETS OM OOR TE BID: U weet waarvoor ek bang is en waarmee ek worstel. Help my, Jesus!

FEIT: Dit het teen die natuurwette ingedruis dat Jesus op die water loop. Die profeet Elisa het genoeg geloof gehad om ’n metaalbyl op die water te laat dryf (2 Konings 6:5-7). 
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

7 Wonderwerke van Jesus

Het Jesus regtig wonderwerke gedoen? Gebeur wonderwerke vandag nog? Hierdie oordenkings sal jou help om Jesus te leer ken asof jy self een van sy volgelinge was en daar was vir elke wonderwerk wat Jesus gedoen het. Hierd...

More

Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Dave Strehler bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid