Leesplan inligting

Daaglikse Juwele - Behou jou kroon as 'n dogter van die KoningVoorbeeld

Daily Jewels- Aligning Your Crown As A Daughter Of The King

DAG 3 VAN 7

  Dag 3: Hou op om op my te skree



Luid: 'n groot geraas wat maklik gehoor word.



Onthou jy dalk destyds, wanneer 'n TV opgepak het en die statiese versteurings 'n aaklige geraas gemaak het terwyl die skerm dan vol wit sneeukolletjies was? Dalk verklap dit my ouderdom, maar elke keer wanneer dit gebeur het, het ek na die TV toe gehardloop om dit af te skakel, want dit was net te luid en ondraaglik! Soms dink ek baie van ons loop met sulke wit geraas in ons koppe rond, terwyl ons probeer om alles vir almal te wees. 



Dalk studeer jy nog en sien en hoor jy wat ander doen en probeer dan om jou prioriteite te verander dat dit soos hulle s'n is. Jy is dalk in jou middel-dertigs, soos ek, besig om kinders groot te maak en kyk jy na ander ma's wat dit so maklik laat lyk. Miskien het jy al afgetree en die geraas waaraan jy gewoond was is nie meer daar nie. Elke tydperk in jou lewe het nuwe geluide, daarom wil ek hê jy moet oor die dag wat voorlê dink. Watter geluide is aan die kom? Is dit die menings van medewerkers, baba's wat sag koer, selfone wat lui, kinders wat speel, of die gekletter op 'n rekenaar se toetse. Op hierdie oomblik luister ek na die bromgeluid van die tuimeldroër wat al vir die vyfde keer klere droogmaak, want ek hou nie daarvan om klere op te vou nie. Die tuimeldroër het net een doel — om my klere droog te maak. Terwyl jy die dag in die gesig staar, raai wat — jy het een doel. Dis maklik om daardie een ding ingewikkeld te maak, want ons almal het verantwoordelikhede wat ons "dink" ons doel is. 



Probeer hierdie oefening. Stel die alarm op jou selfoon om oor ses minute af te gaan. Maak jou oë toe en probeer jou gedagtes leeg maak. Sit net in stilte. (Ek sal hier wag). 



Ek hoop jy het dit gedoen, want ek het jou nou net gewys wat jou doel is — om tot stilstand te kom. Jou hemelse Vader wil iets in jou hart fluister. Hy wil iets vir jou wys. Hy wil jou voetstappe rig. Ons moet aanleer om die wit geraas van die buitewêreld uit te doof. As jy nog nooit sy stem gehoor het nie, wil ek jou 'n eenvoudige vraag vra: Het jy al tyd gemaak om jou gedagtes en hart lank genoeg leeg te maak om iets te kan hoor? Begin by daardie punt, en as jy meer te wete wil kom, bestel Priscilla Shirer se boek, "Discerning the Voice of God." Daardie boek het my lewe verander. 



As kind, kon ek aan my pa se stemtoon agterkom wanneer hy my naam roep, of ek in die moeilikheid is en of hy my net nodig gehad het. Ek het my pa elke dag gesien, dus kon ek sy stem tussen 'n honderd mans s'n uitken, sonder om hom te sien. Jou hemelse Vader wag vir jou en wil hê jy moet alle ander geluide uitdoof, sodat sy stem harder kan klink. Kom ons begin ons dag met gebed en herinner ons harte daaraan dat dit ons doel is om in ons verhouding met ons hemelse Vader te groei. Alle ander dinge sal dan volgens sy wil in plek val. 



Daaglikse Gebed:



Hemelse Vader,



Ek gaan binnekort die dag met sy baie geluide aanpak, dus is my gebed dat U my leer om stil te word. Daar is so baie dinge wat vir my aandag wedywer dat ek oorweldig voel. Help my om te onderskei tussen die lewe se wit geraas en wanneer dit U is wat met my praat. Ek weet my doel is om nader aan U te kom, want dan sal U al die besonderhede uitsorteer. Help my om U MEER te vertrou! In die Naam van Jesus. 



Liefde,



U dogter



  



Moenie vandag jou kroon vergeet nie!


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Daily Jewels- Aligning Your Crown As A Daughter Of The King

Kyk 'n bietjie rond. Daar is altyd 'n juweel te vinde, te midde van die chaos. Daaglikse Juwele is 'n 7-dag oordenking wat jou uitnooi om jou kroon, as 'n dogter van die Koning, te behou. Kom saam met my op 'n skattejag ...

More

Baie dankie aan "Beautifully Designed" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://beautifullydesigned.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid