Leesplan inligting

Daaglikse Juwele - Behou jou kroon as 'n dogter van die KoningVoorbeeld

Daily Jewels- Aligning Your Crown As A Daughter Of The King

DAG 2 VAN 7

  Dag 2: Rus sonder skuldgevoelens



Rus: staak werk of beweging, met die doel om te ontspan, jouself te herlaai of nuwe krag te kry.



Is jy die soort mens wat van 'n dagbeplanner hou? Ek hou nie juis daarvan om lysies te maak nie, maar ek koop graag mooi dagbeplanners. In ons kultuur is dit algemeen om 'n vol dagbeplanner te hê. Daar was oggende wat ek benoud was, want daar sou skaars tyd wees om asem te haal. Ek is in die gewoonte om nutteloos te voel as ek nie baie gedoen kry nie. As ek 'n paar minute het, gebruik ek dit om op sosiale media rond te blaai. 'n Paar weke gelede was ek nogal angstig en oorweldig en bel toe een van my mentors. Sy vra toe of ek onlangs 'n ruskansie gekry het. Ek het stilgebly, want ek het geweet die antwoord is nee. 



Ek het 'n goue draad opgemerk by vroue wat altyd besig is; die oomblik as hulle nie besig is nie, voel hulle skuldig. Hoekom is dit so? Hoekom dink ons dat ons kalender geen tyd moet insluit vir herlaai en vernuwing nie? Juis net vanoggend het ek om 10:30 wakker geword met die gedagte: "Sjoe, ek is darem lui!" As ek egter oor die laaste twee weke terugkyk, was ek GEDURIG besig. Waarom dink ons dat ons om te rus, moet regverdig? Die samelewing laat ons "lui" voel as ons tyd vir onsself opsy sit. So baie mense sal na daardie stemme luister en hulself flou werk, omdat hulle nie onproduktief wil voorkom nie. 



Jou dag of week, laat jou dalk angstig voel, dus wil ek jou aanmoedig om tot stilstand te kom en jou Bybel oop te maak. Ek glo dat ons meer as net slaap te midde van ons chaotiese lewens nodig het. Ons het God se bonatuurlike rus nodig. My vriendin en stigter van "Her Voice Movement", Jenny Donnelly, het 'n video-reeks oor RUS vrygestel. Sy het vir my en duisende ander vroue aangemoedig om die volgende te doen: 



"R-Release E-Every S-Single T-Thing" aan die EEN wat alles geskape het. (Laat alles in die hande van die EEN). Ek wil jou graag aanmoedig om tyd vir jou hemelse Vader in te ruim, sodat Hy jou kan help om jou siel te laat rus en gefokus te bly op die dinge wat saak maak. Ek glo waarlik, wanneer ons tyd in ons dag inruim om te rus, sal ons die tyd hê om elke ding aan Hom te gee, om sodoende sy vrede te vind te midde van ons taaklysie. Kom ons begin vandag deur met ons Hemelse Vader te praat. 



Daaglikse Gebed:



Hemelse Vader, 



Help my vandag om voorraadopname te doen van my tyd. Openbaar aan my die kere wanneer ek moet ophou waarmee ék besig is en op dit wat U doen moet fokus. Help my om daardie stil oomblikke van "rus" te vind, wanneer ek elke liewe ding in u hande kan plaas. Ek weet U kan my hart en gedagtes nuut maak om sodoende enigiets aan te pak. Herinner my vandag, en elke dag, dat ek in U, my Hemelse Vader, die Koning van die konings, kan rus. My "taaklysie" sal my nie oorweldig nie, maar na my "ek-sal-word"-lysie verander. Help my om die dogter van die Koning te word, wat U so wonderlik geskape het. In die Naam van Jesus.



Liefde,



U dogter



Moenie vergeet om vandag jou kroon te dra nie!


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Daily Jewels- Aligning Your Crown As A Daughter Of The King

Kyk 'n bietjie rond. Daar is altyd 'n juweel te vinde, te midde van die chaos. Daaglikse Juwele is 'n 7-dag oordenking wat jou uitnooi om jou kroon, as 'n dogter van die Koning, te behou. Kom saam met my op 'n skattejag ...

More

Baie dankie aan "Beautifully Designed" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://beautifullydesigned.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid