Leesplan inligting

Tony Evans Onderrig Oor HebreërsVoorbeeld

Tony Evans Teaches On Hebrews

DAG 3 VAN 5

Het jy al ooit opgemerk hoe geweldig behep mense met engele is? Stap net by enige Christelike boekwinkel in en jy sal talle boeke vind wat handel oor engelagtige wesens. Skakel enige TV-netwerk aan, en daar sal talle TV-programme en films wees wat om die bonatuurlike sentreer. Daar is niks verkeerd daarmee om meer oor engele te wil leer nie, maar ons moet versigtig wees dat ons nuuskierigheid nie aanbidding word nie. 


Dit is wat met sommige gelowiges in die Hebreërs boek gebeur het. Sommige het weggedryf na die aanbidding van engele as gevolg van die groot rol wat engele in die Ou Testament het. Hulle het engele aanbid vanweë hulle rol in die oordra en openbaring van die Woord van God. Hulle het gedink dat deur engele te aanbid, hulle sal kan staatmaak op hul krag en beskerming, en dat die engele hul versoeke direk na God sou neem. Daardeur het hulle verkeerdelik 'n boodskapper in die ereplek geplaas wat net deur God self ingeneem kan word. Die aanbidding van engele is afgodsdiens, en dit verskraal die boodskap van Christus. 


In Hebreërs 1:4-14 herinner die skrywer ons daaraan dat Christus verhewe is bo engele, en dat ons Hom alleen moet aanbid. Hy wys daarop dat God nooit vir 'n engel gesê het: "Jy is my Seun" nie, want hierdie naam en titel, God se Seun, behoort net aan Jesus. Boonop kry die engele self die opdrag om die Seun te aanbid. Nie net dit nie, maar God noem die Seun ook "God". Die Seun is boonop die ewige Skepper van die hemele wat aan God se regterhand sit met sy vyande onder sy voete.


Aangesien Jesus die Seun is, kan ons aflei dat Jesus 'n posisie beklee wat in alle opsigte bo dié van engele is. Engele se primêre doel en bediening is om mense te help om finale verlossing van hulle geestelike vyande te bereik. Dit sluit in die beskerming en versterking van gelowiges, asook die oordra van boodskappe vanaf God. Die skrywer van Hebreërs herinner ons daaraan dat die Persoon van wie die boodskap kom altyd groter is as die boodskapper! 


Waarom moet ons dit vermy om engele te aanbid? 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Tony Evans Teaches On Hebrews

In hierdie vyf-dag leesplan sal dr. Tony Evans saam met jou deur die eerste gedeelte van Hebreërs reis (1:1—3:6) en Jesus: Die Weergalose Persoon bespreek. Hebreërs is geskryf om gelowiges aan te moedig om nooit moed op ...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb: https://go.tonyevans.org/unleashing-the-power-of-the-word

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid