Leesplan inligting

Tony Evans Onderrig Oor HebreërsVoorbeeld

Tony Evans Teaches On Hebrews

DAG 1 VAN 5

As jy 'n atleet is, is jy bekend met die gesegde "om die muur te tref." Dit gee bloot uitdrukking aan die oomblik wanneer 'n atleet 'n skielike verlies aan energie ervaar in 'n lang wedloop of in 'n atletiekkampioenskap. 


Die boek Hebreërs is geskryf vir 'n groep gelowiges wat "die muur getref het". Hulle het stilgestaan in hulle geloof, en was nie bereid om geestelik te groei nie. Dit kon wees omdat hulle een of ander vorm van vervolging verduur het. Dit kon ook wees omdat hulle heel waarskynlik Joodse Christene was wat versoek is om van Christus af weg te draai en terug te gaan na Judaïsme. Hoe dit ook al sy, hulle het gevolglik die risiko geloop om nie net hulle redding te verbeur nie, maar die seëninge wat God vir hulle beplan het. 


Die skrywer van Hebreërs verstaan sy gehoor, daarom neem hy voorbeelde uit die Ou Testament om 'n punt te maak dat Jesus Christus groter is as die engele, Moses, die wet, sy priesters en sy offergawes. Die skrywer redeneer dat die voortreflike reinheid van Christus, die grootheid van sy offer namens ons en die belofte van die onwankelbare koninkryk wat Hy bring, gelowiges moet aanmoedig om geloof te hê en vas te staan te midde van hulle lyding.


Die Christelike lewe is nie maklik nie. Dit is dikwels vol beproewings en verdrukkings, lyding, vervolging en ongunstige omstandighede. Beleef jy op die oomblik enige van hierdie moeilikhede? Is jy in die versoeking om moed op te gee? Miskien vra jy jouself af of die Christelike lewe die moeite werd is. 


Ek wil jou aanmoedig om nie tou op te gooi nie. God het jou nie verlaat nie en Hy is daar om jou te help om deur die moeilike tye te volhard. Hou jou oë gevestig op Jesus en verheug jou in jou groot verlossing, want Jesus is beter en meer voortreflik as enigiets anders waarheen jy kan draai. 


Verduur jy op die oomblik enige ontberings? Stop onmiddellik en bid; vra God om jou te help om dit te verduur en te oorkom.< /p>

Het jy ekstra aanmoediging nodig? Klik op hierdie skakel om meer oor God se krag te hoor in hierdie komplimentêre mp3-preek deur Dr. Tony Evans.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Tony Evans Teaches On Hebrews

In hierdie vyf-dag leesplan sal dr. Tony Evans saam met jou deur die eerste gedeelte van Hebreërs reis (1:1—3:6) en Jesus: Die Weergalose Persoon bespreek. Hebreërs is geskryf om gelowiges aan te moedig om nooit moed op ...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb: https://go.tonyevans.org/unleashing-the-power-of-the-word

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid