Leesplan inligting

Romantiese Afsprake: Perke, Seks en RealiteitVoorbeeld

Dating In Black & White: Boundaries, Sex & Reality

DAG 5 VAN 5

  


Vader, Is Dit Die Regte Persoon?



Hoe weet ek dat dit die regte persoon vir my is? 


Wanneer sal ek dit weet? 


Hoe behoort ek te voel as ek seker wil wees? 



Gewoonlik sê ons: "Wie jy ook al mee trou, is die 'regte persoon' vir jou." Jy vra dalk: "Sê nou ek trou met die verkeerde persoon?" Dan antwoord ons gewoonlik: "Waarom het jy met die verkeerde persoon begin uitgaan?"



Hopelik sal hierdie oordenking jou help om so 'n situasie te vermy.



Jou gebedslewe behoort meer aktief te wees as jy op romantiese afsprake gaan. Jy sal vind dat jy meer met God praat oor die persoon met wie jy uitgaan en antwoorde en tekens verwag wat jou in die regte rigting sal lei. 



Na baie jare se gesprekke met enkellopendes, het ons 'n paar lagwekkende en onvergeetlike tekens teëgekom. 



1. Vader, as dit die regte een is, laat hy vandag 'n blou hemp kerk toe aantrek. 


2. Vader, as ek veronderstel is om met hierdie persoon uit te gaan, laat my ma my onverwags bel en sê: "Ek het nou net 'n appeltert gebak."


3. Vader, as dit die verkeerde persoon vir my is, laat my hond met my praat en dit vir my sê. (Dis gewoonlik wanneer hulle nie die kans wil waag dat God vir hulle gaan sê dat dit die verkeerde persoon is nie.)



Dit maak nie saak met wie jy in 'n verhouding is nie, jy sal wil weet of dit 'n geskikte persoon vir jou is of nie. 



Aan die begin van die verhouding is jy tevrede om te weet dat dit nie 'n reeksmoordenaar of sluiper is nie. Wanneer die verhouding ernstiger raak, sal jy meer wil weet. Hou in gedagte dat jy nooit eenhonderd persent seker sal wees oor enigiets nie. Dis die probleem met verhoudings — daar is geen waarborge nie.



Jy wil egter nie al jou tyd mors om navorsing oor die verkeerde persoon te doen nie. Dis hoekom dit belangrik is om 'n goeie plan te hê wat julle altwee sal toelaat om 'n verhouding aan te pak en te ontdek wat dit alles behels en waarnatoe dit kan lei. Dit kan op 'n huwelik uitloop, of dit kan gebeur dat julle twee se paaie op 'n gemoedelike noot skei en julle met julle eie lewens voortgaan.



Wat ook al die uitkoms is, jy sal bly wees dat jy 'n plan gehad het. 



Vir meer inligting oor Romantiese Afsprake.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dating In Black & White: Boundaries, Sex & Reality

Is jy moeg vir romantiese afsprake wat misluk of op 'n ramp uitloop en jou teleurstel? Hierdie vyf-dag leesplan pak die bul by die horings en gee vir jou 'n praktiese plan wat jou sal help om 'n gesonde en genotvolle afs...

More

Baie dankie aan Adonis Lenzy en Heather Lenzy wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.adonislenzy.com/product/dating-in-black-white-book-autographed-copy/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid