Leesplan inligting

Romantiese Afsprake: Perke, Seks en RealiteitVoorbeeld

Dating In Black & White: Boundaries, Sex & Reality

DAG 4 VAN 5

  


As Jy Seerkry Wanneer Jy Iemand Liefhet — Vind Krag Om Afstand Te Doen



Jy kan niks doen om die verkeerde persoon na die regte een vir jou te verander nie. Onthou wat ons op dag drie bespreek het.



Baie keer vind mense dit moeilik en pynlik om van iemand afstand te doen wat hulle weet nie goed vir hulle in die toekoms sal wees nie. Dikwels is dit omdat die emosionele band so sterk is. Dit kan ook wees as gevolg van fisieke perke wat oorskry is, insluitende voorhuwelikse seks, wat sielsverbintenisse tot gevolg het.



Wat die oorsaak ook al is, dis wanneer jy sal moet uitreik na jou verantwoordbare vriend om hulp, leiding en gebed te vra. Jou kop sal sê: "Doen afstand", maar om een of ander rede sal jy nog vasklou en wag vir die ander persoon om te verander. 



Dit sal mettertyd 'n herhalende kringloop in jou verhouding veroorsaak, wat jou sal seermaak en jou hart aanhoudend sal breek. Jy gaan iemand nodig hê om jou te help om hierdie moeilike besluit te neem.



Jy moet hierdie situasie vir God gee en vertrou dat Hy jou deur hierdie pynlike proses sal lei, jou hart sal genees en die ander persoon wat in die verhouding betrokke is, sal onderskraag.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Dating In Black & White: Boundaries, Sex & Reality

Is jy moeg vir romantiese afsprake wat misluk of op 'n ramp uitloop en jou teleurstel? Hierdie vyf-dag leesplan pak die bul by die horings en gee vir jou 'n praktiese plan wat jou sal help om 'n gesonde en genotvolle afs...

More

Baie dankie aan Adonis Lenzy en Heather Lenzy wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.adonislenzy.com/product/dating-in-black-white-book-autographed-copy/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid