ESTER 5:1-8

ESTER 5:1-8 AFR83

Op die derde dag het Ester haar koninklike klere aangetrek en in die binneste voorhof van die paleis gaan staan, regoor die ontvangsaal van die koning. Die koning was op die troon in die ontvangsaal regoor die ingang. Toe hy koningin Ester in die voorhof sien staan, het sy hom so bekoor dat hy die goue septer wat in sy hand was, na haar toe uitgesteek het. Ester het nader gekom en die punt van die septer aangeraak. Die koning sê toe vir haar: “Wat kan ek vir jou doen, koningin Ester? Wat is jou versoek? Al is dit ook die helfte van my koninkryk, dit sal vir jou gegee word.” Toe sê Ester: “As u dit goedvind, kom dan vandag saam met Haman na 'n maaltyd toe wat ek vir u voorberei het.” Die koning beveel toe: “Bring gou vir Haman dat ons kan doen wat Ester vra.” Die koning en Haman is toe na die maaltyd toe wat Ester voorberei het. Terwyl hulle wyn drink, vra die koning vir Ester: “Wat is dit wat jy wil vra? Dit sal vir jou gegee word. Wat is jou versoek? Al is dit ook die helfte van my koninkryk, dit sal toegestaan word.” Ester het geantwoord: “My wens en my versoek is soos volg: as die koning my goedgesind is, en as die koning dit goedvind om aan my wens te voldoen en my versoek toe te staan, kom dan môre saam met Haman na die maaltyd toe wat ek vir u sal berei. Dán sal ek my wens aan die koning bekend maak.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid