Jeremia 30

30
Ek sal julle red daar ver waar julle is
1Jeremia het gehoor die Here praat met hom. 2Die Here, die God van Israel, het gesê: “Jy moet alles wat Ek vir jou sê, in 'n boek skryf. 3Want die tyd sal kom wanneer Ek dit beter sal laat gaan met my volk Israel en met Juda. Dan sal Ek hulle terugbring na die land wat Ek vir hulle voorvaders gegee het en waar hulle gaan woon het.
4“Hier is nou die woorde wat die Here vir Israel en Juda sê. 5Ja, dit het die Here gesê.
“Die mense van Israel en Juda sê: ‘Ons het iets gehoor wat ons groot laat skrik het, ons is bang, daar is nie vrede nie.’
6“Julle kan vir almal vra en rondkyk. Kan 'n man 'n baba kry? Nee, hy kan nie.
“Maar hoekom sien Ek dat elke man met sy hande op sy maag staan soos 'n vrou wat 'n baba kry? Hoekom is sy gesig bleek?
7“Dit gaan baie sleg met die mense van Israel. Daar was nog nooit so 'n dag nie, hulle kry swaar, maar Ek sal hulle red.”
8Die Here wat oor alles regeer, sê: “Daardie dag sal Ek die juk van hulle nekke afhaal en Ek sal die bande breek. Hulle sal nie meer vir ander mense moet werk nie. 9Hulle sal hulle God die Here dien en hulle sal ook hulle koning Dawid dien wat Ek sal kies en aanstel om oor hulle te regeer.”
10Die Here sê:
“En julle, my dienaars,
nageslag van Jakob,
julle moenie bang wees nie.
Mense van Israel, julle moenie skrik nie,
want Ek sal julle red daar ver waar julle is.
Ek sal julle nageslag red uit die land waar hulle gevangenes is.
Die nageslag van Jakob sal terugkom en veilig wees
en niks sal hulle pla nie, niemand sal hulle skrikmaak nie.”
11Die Here sê:
“ Ja, Ek is by julle om julle te red.
Ek sal al die volke laat verdwyn,
al die volke na wie toe Ek julle gejaag het,
maar vir julle sal Ek nie laat verdwyn nie.
Ek sal julle straf, Ek moet dit doen,
Ek kan nie sê julle is onskuldig nie.”
12Ja, die Here sê:
“Julle seerplekke word nie gesond nie,
julle sal miskien daarvan sterf.
13Almal sê julle is skuldig,
niemand help julle nie,
julle seerplekke word nie gesond nie.
14Almal wat lief was vir julle,
het vir julle vergeet,
hulle soek julle nie.
Want Ek het julle geslaan soos 'n vyand,
Ek het julle wreed gestraf
omdat julle so baie verkeerde dinge
gedoen het,
omdat julle sondes so baie is.
15Hoekom skree julle en vra
iemand moet julle help?
Hoekom word julle nie gesond nie?
Ek het hierdie dinge aan julle gedoen
omdat julle so baie verkeerde dinge
gedoen het,
omdat julle sondes so baie is.
16Daar was mense wat vir julle opgeëet het,
maar ander mense sal húlle nou op-eet.
Ander mense sal al julle vyande vang
en wegvat uit hulle land.
Ander mense sal die goed vat van almal
wat julle goed gevat het.
Ek sal almal wegvat wat vir julle weggevat het.”
17Die Here sê:
“Ja, Ek sal nuwe vel laat groei
oor julle seerplekke
en Ek sal julle gesond maak
waar julle seergekry het.”
Hulle sal die stad weer bou
Die Here sê:
“Ja, mense van Sion, die mense het gesê
die ander mense het julle alleen gelos,
niemand soek julle nie.
18Maar Ek sal dit weer goed laat gaan
met die tente van Jakob,
Ek sal weer jammer wees
vir hulle woonplekke.
Hulle sal die stad weer bou
op die heuwel wat nou
net klippe is,
en die paleis sal weer staan
waar hy moet staan.
19Hulle sal sing en lag,
almal sal dit hoor.
Ek sal hulle baie laat word,
hulle sal nie min mense wees nie.
Ek sal sê dat mense
hulle moet respekteer,
hulle sal nie onbelangrik wees nie.
20Die mense van Jerusalem sal wees
soos hulle voorheen was,
hulle almal saam sal My dien,
en Ek sal almal straf wat vir hulle verdruk.
21Een van hulle sal hulle leier word
en hy sal oor hulle regeer.
Wanneer Ek hom laat nader kom
na My toe,
dan sal hy na My toe kom en My dien.
Want niemand mag self nader kom
na My toe nie,
Ek moet vir hom sê om te kom.”
Dit sê die Here.
22“Ja, julle sal my volk wees
en Ek sal julle God wees.
23 Julle moet dit weet:
Die Here sal 'n stormwind stuur,
daar sal 'n wind kom wat almal sal saamsleep,
en dit sal waai oor die mense wat verkeerd doen.
24Die Here is kwaad,
en Hy sal aanhou om kwaad te wees
totdat Hy gedoen het wat Hy besluit het.
Julle sal dit later goed verstaan.”

Tans Gekies:

Jeremia 30: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid