Ek het 'n gesig gesien. Daar het 'n storm uit die noorde gekom, 'n groot wolk. Vlamme het heen en weer geflits en daar was 'n helder skynsel om die wolk. Van binne uit, uit die vuur uit, het dit geblink soos gloeiende wit metaal. Daaruit het vier wesens te voorskyn gekom. Hulle het 'n mensvormige voorkoms gehad, maar elkeen het vier gesigte en vier vlerke gehad. Hulle bene was reguit en hulle voete was soos beeskloue en het geblink soos koper wat opgevryf is. Onder hulle vlerke aan elk van die vier kante van elkeen was daar menshande. Al vier wesens het gesigte en vlerke gehad. Die een se vlerke het aan die een langs hom s'n geraak. Die wesens het nie van koers verander wanneer hulle beweeg nie. Elkeen het reg vooruit beweeg.
Read ESEGIËL 1
Share
Compare All Versions: ESEGIËL 1:4-9
Save verses, read offline, watch teaching clips, and more!
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos