YouVersion Logo
Search Icon

FILIPPENSE 3

3
Die ongelooflike wins van geloof in Jesus Christus
1Verder, my broers en susters#3:1 Grondteks broers., wees bly omdat julle aan die Here verbind is. Om weer hieroor vir julle te skryf maak my nie moeg nie, en vir julle gee dit duidelikheid.
2Pas op vir daardie rondloperhonde#3:2a ’n Skeldnaam vir persone wat ’n valse evangelie verkondig., pas op vir daardie kwaaddoeners, pas op vir die mense van die versnydenis#3:2b Paulus spot deur die “besnydenis” ’n “versnydenis” te noem.! 3Ons wat God deur sy Gees#3:3a Of in gees dien. Sommige manuskripte dien deur die Gees van God. dien, het mos klaar die ware besnydenis. Ons beroep ons op wat Christus Jesus gedoen het en nie op menslike dinge#3:3b Of en nie op die vlees. nie.
4Nietemin sou ek ook op menslike dinge kon vertrou. As iemand meen om op menslike dinge te vertrou, ek nog méér! 5Ek is op die agtste dag besny. Ek is ’n gebore Israeliet, uit die stam van Benjamin. ’n Egte Hebreër! As lid van die Fariseërs het ek streng volgens Joodse wette#3:5 Of die wet. gelewe. 6Ek was fanaties en het die kerk vervolg! Wat wetsgehoorsaamheid betref as metode om my saak met God reg te maak, was ek onberispelik!
7Alhoewel ek hierdie menslike dinge eers as ’n wins beskou het, beskou ek dit ter wille van Christus nou as ’n verlies. 8Ja, om Christus Jesus, my Here, te ken is só wonderlik dat ek alle ander dinge as ’n verlies beskou. Ter wille van Hom het ek alles as verlies afgeskryf. Ek beskou dit as gemors sodat ek Christus as wins kan verkry 9en een met Hom kan wees.
Ek probeer nie langer my saak met God regstel deur die wet te gehoorsaam nie, maar deur in Christus te glo. Deur die geloof stel God ons saak met Hom reg. 10Op hierdie manier kan ek Christus ken en die krag beleef wat Hom laat opstaan het#3:10 Of die krag van sy opstanding.. Deur saam met Hom te ly kry ek deel aan sy dood 11in die hoop dat ek die opstanding uit die dood kan beleef!
Hoe om as gelowige doelgerig te lewe
12Nie dat ek dit alles al bereik het, of al klaar volmaak is nie. Maar ek hou aan jaag om dit myne te maak omdat Christus Jesus my Sýne gemaak het!
13Nee, broers en susters#3:13, 17 Grondteks broers., ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. 14Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys#3:14 Of die prys van bo. wat God deur Christus Jesus aan my gee.
15Almal van ons wat geestelik volwasse is, behoort hierdie doel te hê. As daar enigiets is waaroor julle anders dink, sal God ook dít vir julle duidelik maak. 16Nietemin, laat ons aanhou loop op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het.
17Ja, broers en susters#3:13, 17 Grondteks broers., volg my voorbeeld en hou julle oë op die mense wat volgens ons voorbeeld lewe. 18Want – ek het julle al vroeër gesê, en met groot hartseer moet ek dit nou weer sê – daar is baie wie se lewe wys dat hulle vyande van die kruis van Christus is. 19Ewige vernietiging is hulle uiteinde, liggaamlike behoeftes#3:19 Of die maag. is hulle god en skandelike dinge is hulle trots. Al waaraan hulle dink, is aardse dinge.
20Ons, daarteenoor, het ons burgerskap in die hemel. Van dáár verwag ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser#3:20 Of Redder.. 21Hy sal ons vernederde liggame verander in liggame met goddelike heerlikheid, soos sy eie. Hiervoor sal Hy dieselfde krag gebruik as dié waarmee Hy alle dinge onder sy gesag bring.

Currently Selected:

FILIPPENSE 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy