YouVersion Logo
Search Icon

KOLOSSENSE 1

1
Paulus en Timoteus skryf aan die gelowiges in Kolosse en stuur ’n seëngroet
1Hierdie brief kom van Paulus wat deur God gekies is#1:1 Grondteks deur die wil van God. om ’n apostel van Christus Jesus te wees. Ons broer Timoteus skryf hierdie brief saam met my.
2Ons skryf aan God se mense#1:2a, 4 Grondteks die heiliges in Kolosse, gelowige broers en susters#1:2b Grondteks broers. wat aan God verbonde is. Mag die genade#1:2c, 6c Of onverdiende goedheid. en vrede van God ons Vader#1:2d Sommige manuskripte van God, ons Vader, en van die Here Jesus Christus. met julle wees.
Paulus dank God vir die Kolossense se getuienis en bid dat hulle wysheid mag ontvang
3In al ons gebede dank ons God, die Vader van ons Here Jesus Christus, vir julle, 4want ons het gehoor dat julle in Christus Jesus glo en van julle liefde vir al God se mense#1:2a, 4 Grondteks die heiliges. 5Julle doen dit omdat julle hoop om dit te ontvang wat in die hemel vir julle gereed lê. Julle het daarvan gehoor toe die waarheid van die Goeie Nuus#1:5, 6a Of evangelie. aan julle verkondig is. 6Dieselfde Goeie Nuus#1:5, 6a Of evangelie. wat julle bereik het, gaan ook oor die hele wêreld uit. In die hele wêreld dra dit goeie vrug en versprei#1:6b Grondteks groei. dit, net soos dit by julle gebeur het vanaf die dag toe julle die waarheid oor God se genade#1:2c, 6c Of onverdiende goedheid. gehoor en verstaan het.
7Epafras, ons geliefde medewerker#1:7a Grondteks mededienskneg., het julle daarvan geleer. Sy getroue diens aan Christus is in julle#1:7b Sommige manuskripte ons. belang. 8Dit is hý wat ons vertel het van die liefde wat die Gees in julle bewerk het.
9Van die dag af wat ons dít oor julle gehoor het, hou ons daarom nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy geestelike wysheid en insig aan julle sal gee sodat julle heeltemal seker sal wees van wat Hy wil hê. 10Ons bid ook dat julle leefstyl tot eer van die Here sal wees om Hom te behaag deurdat julle lewe vol goeie werke sal wees en dat julle God al hoe beter sal leer ken. 11Ons bid dat Hy deur die krag van sy goddelike heerlikheid julle sal toerus met al die krag wat julle nodig het om in alle omstandighede geduldig te volhard terwyl julle met blydskap 12altyd die Vader dank dat Hy julle geskik gemaak het om in die erfenis van God se mense#1:12a Grondteks die heiliges. te deel, die erfenis wat wag vir mense wat volgens sy wil lewe#1:12b Grondteks in die lig lewe.. 13Hy het ons verlos uit die mag van die duisternis en ons oorgebring onder die koningsheerskappy van sy geliefde Seun. 14Deur die Seun het ons verlossing verkry, naamlik die vergewing van sonde.
’n Lied oor die heerlikheid van die Seun
15Die Seun is die sigbare uitbeelding
van die onsigbare God.
Hy is die Eerste#1:15 Grondteks Eersgeborene.
van die hele skepping,
16omdat God alles
deur Hom geskep het.
Ja, alles in die hemel
en op die aarde –
die dinge wat gesien kan word
en die dinge wat nie gesien
kan word nie,
of dit nou konings
of heersers, regeerders
of maghebbers is –
álle dinge is deur Hom
en vir Hom geskep.
17Hý was daar vóór alles,
en in Hom word alles
saamgebind#1:17 Of in Hom bly alles in stand..
18Hý is die hoof van die kerk,
sy liggaam.
Die Seun is die begin.
Hy is die Eerste
wat uit die dood opgestaan het#1:18 Grondteks Eersgeborene tussen die dooies uit.
sodat Hy inderdaad eerste
in alle dinge is.
19God het dit goedgedink
om met sy volle Goddelikheid
in die Seun te woon,
20en om deur Hom alles
met Homself te versoen.
Deur die bloed van sy Seun
aan die kruis
het Hy vrede gemaak.
Ja, deur Hom het Hy alles
op die aarde
en in die hemel
met Homself versoen.
Ons stukkende verhouding met God is reggemaak
21Eers was julle ook ver van God af. Met verkeerde dade het julle gewys dat julle Hom vyandiggesind is. 22Maar nou het Hy julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterf het om julle voor Hom as sy eie mense#1:22a, 26 Grondteks heiliges. te laat staan, skoon#1:22b Grondteks rein. en foutloos.
23Maar dan moet julle aanhou glo. Julle moet onwrikbaar vas bly staan en nie die verwagting laat vaar wat in julle gewek is toe julle die Goeie Nuus#1:23a Grondteks evangelie. gehoor het nie. Hierdie Goeie Nuus is aan almal onder die son#1:23b Grondteks in die hele skepping onder die hemel. verkondig. En ek, Paulus, het hiervan ’n dienaar geword.
God se geheim is bekend: Christus leef in ons!
24Ek is nou bly dat ek tot julle voordeel kan swaarkry. Ek is bly dat ek die deel van Christus se vervolging wat nog oorbly, kan help dra. Ek verduur dit in mý liggaam tot voordeel van sý liggaam, die kerk. 25Ek is ’n dienskneg van dié kerk. God het my die verantwoordelikheid gegee om aan julle sy volle boodskap bekend te maak. 26Hierdie boodskap was vir eeue en geslagte lank ’n geheim, maar nou het God dit aan sy eie mense#1:22a, 26 Grondteks heiliges. bekendgemaak. 27God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle#1:27 Grondteks Christus is in julle.. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel.
28Juis Hom verkondig ons! Ons doen dit deur elke mens te waarsku en met alle moontlike wysheid te onderrig.
So wil ons graag elke mens in ’n volmaakte verhouding met Christus voor God laat staan. 29Hiervoor werk en stry ek met Christus se krag wat magtig in my aan die werk is.

Currently Selected:

KOLOSSENSE 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy