Leesplan inligting

Hartseer Happe: Twyfel OnthulVoorbeeld

Grief Bites: Doubt Revealed

DAG 1 VAN 7

Daar is ‘n gevoel wat baie mense ervaar wanneer hulle met hartseer (of verlies) in hulle lewens te doene kry. Tog is dit baie moeilik om aan hierdie gevoel ‘n naam te gee.

Dit is ‘n gevoel wat ‘n droewige hart omvou, maar tog is dit so subtiel dat baie nie besef hoe diep dit wortel skiet binne-in hul siel nie.

Twyfel

Toe ek deur ‘n tydperk van intense hartseer gegaan het, kon ek nie verstaan waarom ek nie enige vreugde by God of in sy Woord kon vind nie, ten spyte van die feit dat ek steeds ‘n diep honger gehad het na God, na sy Wil en sy Weë.

Elke keer wanneer ek gebid of Bybel gelees het, het ek afgetrokke gevoel.

Soos ek tot God bid in ‘n soeke na ‘n uitkoms vir die afgetrokkenheid en lusteloosheid wat ek ervaar, wys Hy vir my dat die wortel van my probleem nie lê in afgetrokkenheid of lusteloosheid nie. Dit lê ook nie in die gebrek aan fokus of die onvermoë om stil te sit nie.

Die wortel van my probleem is twyfel.

Ek het nie God se goedheid betwyfel nie. Ek weet in my hart God IS goed. Alhoewel ek baie verlies ervaar het, het Hy my geseën met soveel genade wat my gehelp het om sy goedheid elke dag raak te sien.

Ek het nie God se liefde betwyfel nie. Ek weet Hy IS liefde en alle liefde kom van Hom. Ten enige tyd kan enige iemand maar net om hulle kyk en die ongelooflike bewyse van sy verstommende liefde sien.

God het dit in my hart ontbloot dat ek nie sy VERMOË om in my lewe te werk betwyfel het nie, maar wel sy BEREIDWILLIGHEID om te werk en op te tree in my omstandighede.

Ek het nie getwyfel oor wat God KAN doen nie ..., maar oor wat Hy SOU doen.

Hoeveel van ons twyfel vandag?

Hoeveel van ons dink dat ons dit nie waardig is dat God namens ons optree nie?

Hoeveel van ons twyfel in God se opregtheid?

Ons kan nie bekostig om ons harte, ons gedagtes of ons gevoelens te vertrou in tye van twyfel nie ..., ons moet ons gedagtes en gevoelens toets en ons harte leer om God te vertrou om so twyfel te oorkom.

As jy al ooit met twyfel geworstel het, is hierdie leesplan vir jou.

Kom ons begin deur God vir hulp te vra sodat ons enige twyfel kan oorkom. Kom ons vra Hom om ons te help deur enige situasie of ongeloof wat ons mag teëkom.

Vergesel my vir die volgende 7 dae terwyl ons soek na die oorsprong van ons twyfel.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: Doubt Revealed

Sukkel jy met hartseer? Twyfel jy oor God se goedheid wanneer die lewensstorms om jou woed? Ondervind jy lusteloosheid of verwarring in jou Geestelike wandel? Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om enige twyfel wat in jo...

More

We would like to thank Grief Bites for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid