Leesplan inligting

Hanteer Jou GevoelensVoorbeeld

Dealin' with Feelin'

DAG 1 VAN 8

Almal word soms KWAAD — woedend, gefrustreerd, seer, bitter of jaloers. Om kwaad te wees, beteken gewoonlik jy voel dat iemand jou te na gekom het. Om kwaad te voel, kan ook die gevolg wees van dinge wat nie verloop het soos wat jy dit wou hê nie. Dit kan soms selfs verander in gevoelens soos dat God iets verkeerds aan jou gedoen het. Dit is nie verkeerd om kwaad te wees nie. Jesus het ook kwaad geword toe Hy hier op aarde was en God word ook kwaad.




Om kwaad te wees, kan egter vinnig tot sondige besluite aanleiding gee. Kwade gevoelens is soos 'n vuur. Ons wil hê mense moet weet hoe verkeerd die ander persoon was, dus hou ons aan om meer hout en brandstof op die vuur te gooi deur die hele tyd daaroor te tob, ander mense daarvan te vertel en deur vas te hou aan die kwade gevoelens sodat dit sal aanhou. Ons is egter self die mense wat verbrand gaan word deur naby aan die vuur te bly. Wanneer jy ander dinge probeer, soos om op iemand te skree, met jou vuis teen die muur te slaan, in jou kussing te skree of selfs om wraak te neem deur die persoon terug seer te maak, sal hierdie dinge nie jou hart genees nie. Jy sal nog steeds kwaad wees.




Die enigste manier om op te hou om kwaad te wees, is om te vergewe. Partykeer is dit maklik: jy kom net daaroor met verloop van tyd en besef op 'n dag dit was nie so 'n groot probleem nie. Vergifnis is egter partykeer baie moeilik — veral wanneer die persoon dit nie verdien nie en ook nie jammer is nie. God het egter die mag om selfs die slegste mense wat nog ooit geleef het, te vergewe en Hy kan dieselfde krag aan ons gee wanneer ons daarvoor vra. Sê die volgende hardop: "Wanneer ek KWAAD is, sal God vir my krag gee om te vergewe!"


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Dealin' with Feelin'

Wat moet ek doen as ek kwaad, hartseer, sleg of goed voel? God het ons met emosies geskep. Die Bybel wys vir ons dat God ook emosies het. Emosies is nie sleg nie, maar hulle kan ons dikwels lei om sondige, selfsugtige be...

More

We would like to thank LifeChurch.tv for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid