Leesplan inligting

Jesus se Laaste DaeVoorbeeld

Jesus se Laaste Dae

DAG 3 VAN 8

Jesus Vervul die Wet (Dinsdag, drie dae voor die kruisiging)

Die vyeboom wat Jesus voorheen vervloek het, word weer gesien maar nou is dit geheel en al verdor. Jesus demonstreer sy gesag oor die skepping. Die vyeboom dien as ‘n verwysing of metafoor van godsdienstigheid (soos gesien in die Skrifgeleerdes en Fariseërs) wat vrugteloos is. Daarna leer Jesus in die tempel.

Verduidelik die vyeboom: Matteus 21:18-22, Markus 11:20-26

Jesus leer by die tempel: Matteus 21:23-23:39, Markus 11:27-12:44, Lukas 20:1-21:4

Jesus het gekom om die wet en profete te vervul, nie om dit te ontbind nie. Dit word gesien op twee maniere. Eerstens, kom Jesus en maak die bedoeling en betekenis van die wet duidelik. Dink maar aan Jesus se woorde in Matteus 22 (ingesluit in vandag se leesplan).

Tweedens, het Jesus die wet kom vervul deur die straf wat die wet namens ons (die hele mensdom) vereis op Homself te neem. Om die wet te ontbind was nie Jesus se bedoeling of missie nie. Hy het gekom met die doel, om die straf wat die wet vereis namens die mensdom op Homself te neem — elke wet skryf 'n straf voor wanneer die bepaalde wet oortree word. Hierin is die kern van die evangelie, en geen kind van God kan ooit nie verwonderd wees hieroor nie. Omdat God die Vader ons lief gehad het, het Hy se Eniggebore Seun, Jesus, gestuur. Jesus het vrywillig gekom om in ons plek en vir ons sondes te sterf. Dit rig ons oë op die kruisiging wat nou voor ons lê op hierdie reis saam met Jesus deur sy laaste dae.

Dink en bid saam oor hierdie gedagte: dit wat menslike gehoorsaamheid aan die wet nie kon regkry nie, het God self voorsien. Uit sy liefde vir ons, het God gegee. Liefde kan altyd gesien word in ons bereidheid om van onsself aan ‘n ander te gee — Jesus het Homself tot die uiterste, die dood, aan ons gegee. Groter liefde is daar nie!

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Jesus se Laaste Dae

Wat het gebeur gedurende Jesus se laaste dae op aarde? Hierdie agt dae leesplan neem jou op 'n geestelike reis deur die gebeure van Jesus se laaste dae. Ons begin met die Intog in Jesusalem (Palmsondag) en volg dan die g...

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lewendewoordmidrand.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid