Leesplan inligting

Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal VernietigVoorbeeld

Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal Vernietig

DAG 1 VAN 14

Voorstel

1.Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep - mans en vroue in afsonderlike groepe).

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek/gelees het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.

5. Hierdie is Nr.16 in ‘n reeks van 25 Bybelstudies.

6. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

7. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat dissipels van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Die Skrifgedeeltes waarop gefokus word: Matteus 1:21, Johannes 8:34 en Johannes 9:35-41

Vra die Heilige Gees om jou te leer. Die basiese vraag is: Here, wat wil U vir my sê uit hierdie spesifieke Skrifgedeelte?

Besin oor die volgende Skrifgedeeltes aan die hand van 3 vrae:

1.Wat leer ons van God in hierdie gedeelte? (Hoe openbaar God Homself aan my: Wie Hy is, sy karakter, werke, bevele, beloftes?)

2.Wat leer ons van onsself/ander mense uit hierdie Skrifgedeelte? (Wat verwag God van my volgens hierdie gedeelte — bv. om te vergewe, te groei in my verhouding met Hom, gehoorsaam te wees en in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)

3.‘n Baie sinvolle vraag om te vra, is: Waarom dink jy is hierdie gedeelte in die Bybel?

4. Hoe kan ek dit wat ek uit hierdie gedeelte ontdek het, integreer in my lewe? (Van inligting tot gehoorsaamheid.) Hoe moet ek God gehoorsaam? Hoe kan ek vir ander tot seën wees? Wat en waaroor kan ek bid vanuit hierdie Skrifgedeelte?

Nadat jy Matteus 1:21, Johannes 8:34 en Johannes 9:35-41 bestudeer het, wat voel jy vra die Heilige Gees van jou om te doen? Omdat dit God is wat hier praat, moet ons reageer. In hierdie gedeelte beweeg ons van inligting na gehoorsaamheid: Is daar iets wat in jou lewe moet verander in die lig van hierdie Skrifgedeeltes? Wat is daar wat jy in die komende week moet doen na aanleiding van jou bestudering van hierdie Skrifgedeeltes? Hoe kan jy 'n seën wees vir ander mense rondom jou? Wees baie spesifiek.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal Vernietig

Hierdie sewe sondes en ingesteldhede is vernietigend — vir ons eie lewens en dit kan ook baie skade aan ander mense aanrig. Hierdie oordenking is baie belangrik vir ons almal, want die meeste mense het 'n stryd hiermee.

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid