Leesplan inligting

Almal Wat Uitgeput is: God Is By MyVoorbeeld

All Who Are Weary: God Is With Me

DAG 1 VAN 8

God is by My


“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig” – Matteus 11:28-30.


Dit is die ergste ervaring om vergete of alleen te voel. Dit is alreeds erg genoeg om met angs te worstel, maar om te wonder of enige iemand ons werklik raaksien of bereid is om tydens ons worsteling in te tree en ons hand vas te hou, voeg net nog 'n vlak van swaarmoedigheid by.


Hierdie vrees om alleen te wees te midde van ons gedagtes, 'n liggaam wat bewe, en geestelike vrae, laat ons na God soek wanneer dit lyk asof niks reg is nie. Waar is Hy wanneer ons deur vrees lamgelê word en voel asof ons skaars kop bo water kan hou? Wanneer dieselfde indringer-gedagtes en bekommernisse deur ons gedagtes maal? Wanneer ons wonder of hierdie angswekkende manier van lewe ons nuwe normaal is?


Ons hunker na die versekering dat God ons raaksien midde-in ons worstelinge en om te weet dat daar ag geslaan word op ons hulpkrete.


Dan beloof die Here om by ons te wees, omdat dit is wie Hy is. Selfs wanneer dit vir ons voel of Hy ver is, het Hy nooit sy oë van ons weggedraai nie, en Hy is altyd agter die skerms besig met sy werk.


Onthou: God is by my.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

All Who Are Weary: God Is With Me

Dit is die eerste week van 'n reeks van sewe weke wat jou deur die stryd met angs gaan lei, terwyl jy vashou aan Bybelse waarhede en God se beloftes. Hierdie 8-dag leesplan verskaf bemoediging en praktiese toepassings wa...

More

Baie dankie aan Sarah Freymuth / Awake Our Hearts wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://sarahfreymuth.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid