Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor God Sy VaderVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor God Sy Vader

DAG 1 VAN 8

Voorstel

1.Vra drie vriende of vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep — mans en vroue in afsonderlike groepe).

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek/gelees het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.

5. Hierdie is Nr.10 in ‘n reeks van 25 Bybelstudies.

6. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

7. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat 'n dissipel van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Wat Jesus gesê het oor God sy Vader

Bespreek die Skrifgedeelte aan die hand van 3 vrae: Lukas 15:11-32

1. Wat leer ons van God in hierdie gedeeltes? (Hoe openbaar God Homself aan my: Wie Hy is, Sy karakter, werke, bevele, beloftes?)

2. Wat leer ons van onsself/ander mense uit hierdie Skrifgedeelte? (Wat verwag God van my volgens hierdie gedeelte – bv. om te vergewe, groei in my verhouding met Hom, gehoorsaam te wees, en in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)

3. ‘n Baie sinvolle vraag om te vra, is: Waarom dink jy is hierdie gedeelte in die Bybel?

Van inligting tot gehoorsaamheid: Omdat dit God is wat hier praat, moet ons reageer. In hierdie gedeelte van die gaan ons oor van inligting na gehoorsaamheid.

Hoe kan ek dit wat ek uit hierdie gedeelte ontdek het, integreer in my lewe?

Hoe moet ek God gehoorsaam - wat voel ek vra die Heilige Gees van my om te doen?

Wat en waaroor kan ek bid vanuit hierdie Skrifgedeelte?

Wat is daar wat ek in die komende week kan of moet doen na aanleiding van my bestudering van hierdie Skrifgedeelte?

Hoe kan ek 'n seën wees vir ander mense rondom my?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor God Sy Vader

Wanneer Christene onderrig word oor die geestelike lewe en wat dit beteken om 'n Christen te wees, is dit belangrik om te praat oor wie God is en veral wie God as Vader is. Wat het Jesus oor sy Vader gesê?

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid