Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te VolgVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te Volg

DAG 3 VAN 6

Bid tot die Here aan wie die oes behoort

Kyk biddend na die volgende twee Skrifgedeeltes:

Matteus 9:35-38 — "Jesus het al die dorpe en klein plekkies besoek. Hy het die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal gesond gemaak. Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie ’n wagter het nie. Hy sê toe vir sy dissipels: 'Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.'"

Lukas 10:1-2 — "Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan. Hy het vir hulle gesê: 'Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.'"

Jesus het dieselfde opdrag aan die twaalf (Matteus 9:35-38) en die twee en sewentig (Lukas 10:1-2) gegee voordat Hy hulle uitgestuur het: "Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes."

Hier het ons 'n duidelike opdrag om vir die oes te bid. Die oes is die wêreld wat in sonde vasgevang is, nie gered is nie — maar dit is mense wat Jesus nodig het. Die opdrag is baie spesifiek: bid vir meer arbeiders. Die Griekse woord wat vertaal word as "uitstuur", is ekballo, wat letterlik beteken om uit te pers (soos in 'n olyfpers), uit te dwing of in die oes uit te gooi. Dit is 'n sterk woord.

Die vraag is: Bid jy vir die oes? As die insameling van die oes van jou gebede sou afhang, sou daar 'n oes wees?

Voorstel: Skryf die name neer van minstens sewe ongeredde mense en begin om daagliks vir hulle redding te bid.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Om Hom Te Volg

Die eerste ding wat Jesus met die dissipels gedoen het was om hulle te roep (Matteus 4:19). Jesus kom vandag nog om mense te roep. Baie dink dit het net met bekering te doen. Nee — wanneer Jesus kom, roep Hy mense om Hom...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid