Leesplan inligting

Die BelofteVoorbeeld

The Vow

DAG 1 VAN 6

Die Belofte van Voorbereiding


Oor die volgende ses dae sal jy hoor van ses paartjies wat huweliksbeloftes afgelê het — maar nie net die standaard huweliksbeloftes nie. Hierdie beloftes van voorbereiding, prioriteit, nastrewe, vennootskap, reinheid en gebed is die beloftes wat huwelike ná die troue laat werk. 


Tyler en Beth was nie bereid om mekaar deur middel van teksboodskappe te ontmoet nie, maar hulle was voorberei vir die huwelik. Toe hulle uiteindelik van aangesig tot aangesig ontmoet, was die koeël deur die kerk! 


Beth:


Wanneer twee harte verenig, is dit iets pragtig — maar nie alles is net mooi nie. 'n Gesonde verhouding vereis eerlikheid, selfs oor die las van ons verlede. My verlede het emosionele letsels uit 'n vorige huwelik gehad. My vertroue is vernietig en my vrese was soos lugsakke opgeblaas. Nogtans het God in Jesaja 43:19 vir sy volk gesê dat hulle nie in die verlede moet stilstaan ​​nie, maar moet besef dat Hy iets nuuts doen. Ek het aangevoel dat God ook iets nuuts vir my in die vooruitsig gestel het. Daarom het ek besluit om my doelbewus voor te berei. 


Ek het gebid. Ek het deurgaans die Woord van God gelees en na wyse vriende geluister. Ek het 'n berader besoek en boeke oor genesing bestudeer. En ek het geduldig gewag op God se tydsberekening.


Deur alles heen het God my negatiewe ervarings en genesing gebruik om my te hervorm. Dus, toe my hart Tyler s'n ontmoet, het ons onmiddellik bymekaar gepas. Is dit nie wonderlik hoe Hy dit doen nie? As die ou vrese weer probeer insluip, het ek nou die vertroue om daaroor te praat en die krag om dit te beveg. 


Tyler:


Ek bid sedert my tienerjare vir my toekomstige vrou. Deur die loop van jare heen het ek gevoel dat God aan my spesifieke woorde gegee het om op te fokus: "doelgerigtheid", "geduld" en "konsekwentheid."


Toe ek Beth ontmoet, het ek gou geweet dat sy die een is vir wie ek gebid het. Sy was altyd eerlik oor hoe sy voel en waarmee sy geworstel het, wat my gehelp het om eerlik met haar te wees oor my eie seerkry uit die verlede. Ons het mekaar gedurig herinner aan die waarheid in Psalm 147:3 dat God die gebrokenes genees. Terwyl ons nog uitgegaan het, het ons die drie woorde wat God my gegee het, uitgeleef. Ons het mekaar met doelgerigtheid, geduld en konsekwentheid liefgehad.


Dit is ongelooflik om te dink hoe God ons nie net vir die huwelik voorberei het nie, maar ook vir mekaar. En ja, ek het die meisie gekry vir wie ek gebid het, maar ek hou aan bid omdat voorbereiding nie by die altaar eindig nie. Ek bid dat God sal voortgaan om ons voor te berei en te hervorm vir elke nuwe ding wat Hy doen. 


Kyk na The Vow boodskappe.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Vow

In hierdie Life.Church leesplan skryf ses paartjies oor hul troubeloftes wat hulle nooit amptelik by die altaar vir mekaar gesê het nie. Hierdie beloftes van voorbereiding, prioriteit, nastrewe, vennootskap, reinheid en ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid