Leesplan inligting

'n Goddelike LeweVoorbeeld

'n Goddelike Lewe

DAG 1 VAN 10

GOD HOOR JOU

“Hoor my smeekstem as ek na U roep om hulp, as ek my hande in gebed uitsteek na die allerheiligste deel van u tempel” Psalm 28:2.

Wanneer ‘n mens Psalm 28 lees, kan ‘n mens nie anders as om te dink dat die Here nie meer na Dawid wil luister nie. Hy is in doodsgevaar en hy smeek God om nie doof vir sy gebed te wees nie en om sy smeekstem om hulp te hoor. Aan die einde van Psalms 28 gebeur daar egter ‘n wonderlike ding. Die klaaglied verander in ‘n loflied.

Die Psalmdigter sit in presies dieselfde omstandighede, maar hy verander sy gesindheid. Hy besef dat God hom al soveel keer in die verlede gehelp het en dat hy ‘n vaste vertroue het dat God dit weer vir hom sal doen.

Gelowiges is nooit alleen nie. Ons is deel van sy kerk. Deel van sy gemeente. Al gaan dit ook hoé sleg met ons, kan ons nie anders as om Hom te loof vir sy genade wanneer ons aan sy versorging in ons verlede dink nie.

Op die dae wat dit vir jou voel of die Here jou nie hoor nie, kan jy maar net weer deur Psalm 28 werk. Die Here hoor altyd wanneer sy kinders om hulp roep en dit uitskree! Hy verhoor elkeen van ons se gebede op die regte tyd.

Probeer om die Psalmdigter se voorbeeld te volg: prys God nou reeds vir die uitkoms wat hy gaan gee, al ondervind jy dit nie tans nie.

Gebed

“Hemelse Vader, Ek loof U vir al die kere in die verlede wat U my tot hulp was. Sal U my ook uit die krissise wat tans in my lewe is, red? Dankie dat U na my gebede luister. In die Naam van Jesus. Amen!”

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

'n Goddelike Lewe

'n Goddelike lewe voel soms onbereikbaar ver, maar deur die Woord daagliks te bestudeer word dit makliker. Hierdie 10-Dag leesplan is 'n hulpmiddel vir jou pad. 'n Pad wat nie net eenmaal geloop word nie maar daagliks ...

More

Ons wil graag Worthy Ministry Brakpan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://worthyministry.wixsite.com/brakpan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid