Leesplan inligting

’n Nuwe rigtingVoorbeeld

’n Nuwe rigting

DAG 1 VAN 7

Hy sál jou Lig wees

Ek is altyd bang vir die onbekende wat ’n nuwe jaar inhou. Daarom kan ek nooit Januarie binnegaan sonder om styf aan God se beloftes vas te hou nie. Beloftes wat Hy van die begin van die skepping af gestand gedoen het.

In hierdie nuwe jaar gaan daar opwindende en heerlike tye wees. Tye wanneer jy sal wéét: Die lewe is lig. Maar dit kan ook wees dat jy sommige dae moedeloos, kragteloos en uitsigloos gaan voel of reddeloos gaan wonder waarom die lewe so donker is. Dis dan wanneer jy maar net opnuut kan vashou aan die wete dat jou God daar is om jou hoop te gee, jou op te hef en met nuwe passie te vul. Dat Hy by uitstek daar is om sy kinders lig te gee omdat Hy sélf die Lig is.

Jy kan met verwagting uitsien na die toekoms. Want ook in hierdie nuwe jaar beplan God groot dinge vir jou. Hy wil weer vir jou wys hoe groot en getrou Hy is. En Hy wil jou kragtig in sy diens gebruik.

Hou vanjaar baie styf vas aan dié God wat tot die dood toe getrou is aan sy beloftes. Sy beloftes van léwe … selfs na die dood.

Vou u groot hand van genade om my hart en maak my rustig in die wete dat U – die God van beloftes – altyd getrou is. Amen

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

’n Nuwe rigting

Ons is almal bang vir die onbekende. Daarom is ons maar altyd versigtig vir enige verandering en voel ons maar gou onveilig wanneer ons ’n onbekende roete moet volg. Gelukkig weet God dit. Milanie Vosloo kom verseker jou...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid