Leesplan inligting

Gereedskap Vir Die LeweVoorbeeld

Toolbox For Life

DAG 1 VAN 14

 


Fokus op God se Mening, Nie Op Wat Ander Sê Nie


“As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig” (Spreuke 29:25).


Mense wat groot dinge in die lewe bereik, moet negatiwiteit oorkom van mense wat hulle probeer ontmoedig.


• Toe die Wright-broers probeer het om hulle eerste vliegtuig in die lug te kry, het mense vir hulle vertel dit gaan nooit werk nie, want mense kan nie vlieg nie.


• Toe Moses die Israeliete deur die woestyn gelei het, het hulle gekla: "Ons gaan hier sterf! Ons wil teruggaan Egipte toe!”


• Toe president John F. Kennedy gesê het die Verenigde State gaan 'n man maan toe stuur, het baie mense gesê dit kan nooit gedoen word nie.


Almal wat ooit probeer het om iets buitengewoon en besonders te doen, het met negatiwiteit en doemprofete te doen gekry.


Die waarheid is dat doemprofete en negatiewe mense nie noodwendig slegte mense is nie. Dit kan wees dat hulle net die beste raad vir jou wil gee. Hulle kan selfs lief wees vir jou.


Maar hulle is nie God nie.


Jy moet dus nie hulle menings hanteer soos jy God se mening sal hanteer nie.


Die Bybel leer ons: “As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig" (Spreuke 29:25).


Sommige van ons is lamgelê deur die menings van ander en is nie eens daarvan bewus nie. Tot 'n sekere mate het party van ons verslaaf geraak aan die goedkeuring van ander.


Die NLV-weergawe van Spreuke 29:25 sê: "Jy stel vir jouself ’n slagyster as jy vir mense bang is. Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou."


Wanneer jy die menings van ander hoër ag as die mening van God, gaan jy op die kantlyn staan wanneer God jou in die wedstryd wou hê. Jy gaan jouself toesluit in 'n tronk van selfgemaakte vrees.


Ander mense se menings kan jou laat afdwaal van die Godgegewe doel vir jou lewe.


Moenie toelaat dat dit gebeur nie.


In Jesaja 8:13, sê die Bybel: “Julle moet die Here die Almagtige eer as die Heilige. Vir Hom moet julle vrees en vir Hóm moet julle bang wees.”


Breek dus die kettings van vrees en soek na God se doel vir jou lewe. Hy is jou aanmoediger. Hy wil hê jy moet suksesvol wees en Hy werk in jou lewe sodat jy dit kan regkry.


 



 


Luister na die klankonderrig

 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Toolbox For Life

In hierdie leesplan gaan pastoor Rick Warren ons leer van die agt vaardighede wat ons gaan nodig kry om suksesvol te wees in ons strewe na ons unieke missies in die lewe.

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid