Leesplan inligting

Om die Wil van God te VerstaanVoorbeeld

Understanding God's Will

DAG 2 VAN 3

Op die eerste dag van hierdie leesplan het ons gesien wat God se wil vir ons lewens is. Ons het gesien dat God meer besorgd oor ons langtermyn karakter as ons korttermyn geluk is. Sy wil vir ons lewens is dat ons meer soos Christus moet wees en: "beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee" (Matteus 6:33).


Kom ons sê dat jy dit reeds gedoen het, naamlik dat jy God jou eerste prioriteit gemaak het. Jy soek Hom reeds met jou hele hart en jy het jou lewe en wil aan Hom oorgegee.


Wat gebeur daarna?


Wel, jy mag nog steeds wil weet wat die wil van God in 'n spesifieke situasie in jou lewe is, soos jou werk, studies of verhoudings. Jy wag dalk om rigting, 'n fluistering, 'n teken of enige leiding van Hom af.


Soms sal ons dit kry, maar nie altyd nie.


Wat moet jy doen wanneer jy nie van Hom hoor nie? Jy doen wat die apostels gedoen het.

Hulle het daarna deur die gebied van Frigië en Galasië gereis, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om die woord in die provinsie Asië te verkondig. Toe hulle by die grens van Misië kom, het hulle na Bitinië toe probeer gaan, maar die Gees van Jesus het hulle dit nie toegelaat nie. Hulle het toe deur Misië gereis en na Troas toe gegaan. Daar het Paulus in die nag in 'n gesig 'n Masedoniese man gesien wat by hom staan en hom smeek: 'Kom oor na Masedonië toe en help ons.' Nadat Paulus die gesig gesien het, het ons so gou as moontlik gereed gemaak en na Masedonië toe vertrek, omdat ons tot die oortuiging gekom het dat God ons geroep het om die evangelie aan hulle daar te verkondig" — Handelinge 16:6-10.

Daar was Paulus die apostel, wat beslis vir God eerste geraadpleeg het en indien enigeen op hierdie punt leiding nodig gehad het, dan was dit hy — hy was op 'n belangrike sending om die wêreld van Jesus te vertel.


Hy het dus so geredeneer: "Kom ons gaan na die plek wat Bitinië genoem word en verkondig die evangelie daar," maar die Heilige Gees het "nee" gesê. Daarop sê hy: "Goed dan, kom ons gaan dan na die provinsie Asië." Toe hulle daar aankom het die Heilige Gees weer "nee" gesê. (Presies hoe? Ons weet nie. Die punt is dat daar duidelike struikelblokke was wat Paulus verhoed het om soontoe te gaan.)


Hy het dus in die rigting van die see na die stad Troas gegaan.






Beeld deur biblestudy.org


Is hierdie nie 'n interessante metode van leiding nie? Hy sou nie gelei word indien hy nie besig was om te beweeg nie.


Paulus het nie net in Galasië gesit en wag vir die Heilige Gees om vir hom spesifieke opdragte te gee nie. Hy het net gesê: "Kom ons doen dit, ons gaan aan met die werk. Ons probeer dit en kyk wat gebeur" en in sy optrede het die Heilige Gees hulle gelei.


Toe hy nie verder kon gaan nie, het hy 'n droom gehad waarin hy presies vertel is wat hy moes doen — en toe was hy in die regte plek waar hy met sy werk kon aangaan.


Ons ontvang beter leiding wanneer ons aan die beweeg is — wanneer ons aangaan om die werk op hande te doen.


Die prediker, David Pawson, stel dit so: "Jy kan altyd 'n motor beter bestuur wanneer dit beweeg as wanneer dit stilstaan."


Wat doen jy dus wanneer jy onseker is oor wat die wil van God vir jou lewe is? Wanneer jy nie weet waarheen Hy wil hê jy moet gaan nie?


Eerstens, soek jy Hom op. Bid en bring tyd saam met Hom deur. Vra ander om ook vir jou te bid, soek raad en leer sy wil deur sy Woord ...


... gaan dan aan met iets. Begin net.


Laat die Heilige Gees toe om jou te lei terwyl jy beweeg. Moenie net daar sit en wag nie. Bid en begin dan. Indien jy vir 'n teken gewag het — is dit dalk juis om te begin. Kom in beweging en vertrou op God — Hy sal jou voetstappe rig.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Understanding God's Will

Was jy al ooit in 'n spesifieke situasie waar jy onseker was wat God se wil daarin is? In hierdie 3-dag leesplan verken ons hoe ons kan uitvind wat sy wil oor die algemeen asook sy wil, spesifiek vir ons lewens is.

Baie dankie aan Awe & Wonder wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://aweandwonder.in/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid