Leesplan inligting

Toemaar, Jesus is daar.Voorbeeld

Toemaar, Jesus is daar.

DAG 2 VAN 7

Dag 2:

Werk mooi met die kleintjies

"Moenie neersien op die ou kleintjies wat in My glo nie. Hulle is so kosbaar dat selfs die heel belangrikste engele daar in die hemel by my Vader se troon gedurig oor hulle praat" (Matteus 18:10 DB).

Jesus se hart vir die kleintjies is baie duidelik: Moenie op hierdie kleintjies neersien nie, want hulle is vir God kosbaar.

In Matteus 19:14 staan daar: ”Maar Jesus het gesê: 'Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.'”

Moet daarom nie keer dat die kinders by Jesus uitkom nie. Sorg dat jy jou kleintjie van Jesus leer vandat hy kan hoor en praat. Ons kan nie meer vir skole en kerke wag om ons kinders van Jesus te leer nie. Dis ons ouers se primêre taak.

Verder wou Jesus ook hê ons moet by kleintjies leer. Ons moet soos ‘n kind word om die koninkryk van God te kan binnegaan. By hulle moet ons eienskappe aanleer soos nederigheid, onskuld, opregtheid. Jesus se woorde beteken eintlik dat ons nie moet dink as ons voortgaan met ons lewens wat vol hoogmoed, trots en eiewaan is, dat ons by Hom ‘n plek sal kan hê nie.

Hierdie verse is egter ook gerig op dié wat nog swak in die geloof is. Onthou en weet: God beskerm die swakkes. Moenie dink jy is beter as enige iemand anders nie. Daar is selfs engele wat by God die Vader se troon is, wat die kleintjies in geloof, raaksien. Jesus maak ‘n punt daarvan dat sy dissipels moet weet dat selfs diegene wat nog jonk in die geloof is, ook vir Hom kosbaar is. Daarom mag ons nie op ander wat nog nie ver gevorderd is op hul geloofsreis nie — volgens ons standaarde — neersien nie .

Onthou jy die moordenaar wat saam met Jesus gekruisig is? Die oomblik toe hy sy hart vir Jesus gee, het Jesus vir hom gesê: “Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees” (Lukas 23:43b). Of jy dus al jare ‘n gelowige is, en of jy sopas jou hart vir Jesus gegee het, ons almal wat Hom aangeneem het, sal eendag saam met Hom in sy koninkryk wees.

Werk mooi met die kleintjies in die geloof. Leer by die kindertjies. Sulke optrede sal tot gevolg hê dat die engele daar by ons Vader se troon baie oor jou sal praat.

Gebed:

My Here, Help my asseblief om nederig en opreg te wees soos ‘n kleintjie en om dus mooi te werk met alle mense. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Toemaar, Jesus is daar.

Dis ‘n groot troos om Hebreërs 7:25 te lees. Of jy nou ‘n baba of kleuter is; of jy skoolgaan, ‘n tiener of student is; of jy getroud of in jou ouderdom is: As jy jou hart vir Jesus Christus gegee het, is Hy daar om vir...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid