Leesplan inligting

HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 1 VAN 36

Gryp Jou Nuwe Identiteit Aan

Deur Rick Warren


“Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel” (Genesis 32:28a).


Jy hoef nie dieselfde te bly nie! Ons kry 'n nuwe identiteit as ons tot bekering kom. Kyk na Jakob in die boek Genesis. Eers toe hy sy manipulerende gedrag erken het, het God vir hom 'n nuwe identiteit gegee.


Kyk na die drie dinge wat plaasvind:


God gee vir Jakob 'n splinternuwe identiteit (Genesis 32:28).


In wese sê God: “Ek weet jy het verbrou; Ek weet jy is 'n bedriëer, maar ek sien 'n prins in jou — agter al jou emosionele probleme, al jou onsekerhede en al die dinge waarvan niemand moet weet nie." God sê dit vandag vir baie van ons: “Agter al jou sondes en probleme sien ek 'n prinses/prins. Jy kan iemand wonderlik wees. Jy kan wees wat ek jou gemaak het om te wees.”


God seën Jakob/Israel (Genesis 32:29).


In ons diepste wese soek ons desperaat na God se seën. As ons God se seën wil hê, moet ons doen wat God verlang.


God maak Jakob/Israel mank (Genesis 32:31).


Onthou jy, toe hulle geworstel het, het God Jakob op sy heup geslaan sodat dit uit die potjie gespring het. Jakob se mankheid was 'n daaglikse herinnering om op God te bly vertrou.


God doen die belangrikste werk in jou lewe wanneer Hy jou identiteit aanspreek. Jou identiteit is die mens wat jy werklik is en hoe jy jouself sien. Jy sal altyd neig om op te tree na aanleiding van die manier waarop jy oor jouself dink. God maak dus intense veranderinge in jou lewe deur die manier te verander hoe jy jouself sien.


Hy sê: “Kom ek wys jou hoe Ek jou sien.” Wanneer jy jouself sien soos God jou sien, gaan dit jou lewe verander.



Luister na die onderrig

 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en terugge...

More

Baie dankie aan pastoor Rick Warren van "Daily Hope" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid