Leesplan inligting

Oorkom Vrees, Bekommernis en AngsVoorbeeld

Overcoming Fear, Worry, and Anxiety

DAG 6 VAN 7

Dag 6: Hy het ons eerste liefgehad


AL WAT JY NODIG HET IS LIEFDE


Wanneer jy aan vrees dink, kan jy dink dat die teenoorgestelde van vrees vertroue of vrede is. Jy dink dalk dat wat jy nodig het is 'n beter selfbeeld. Die Bybel sê egter iets heel anders — dit leer dat wat ons nodig het nie meer selfliefde is nie, maar eerder meer liefde vir ander. Dit is omdat die teenoorgestelde van vrees nie vertroue of vrede is nie; die teenoorgestelde van vrees is liefde. Die enigste manier om ons vrese te oorkom, is om meer lief te hê as wat ons vrees. Dit is omdat die enigste krag wat sterk genoeg is om vrees uit te skakel, liefde is: liefde vir God en vir ander.


Kom ons kyk noukeurig na Johannes se raad om vrees te oorkom en kyk hoe dit werk om hierdie magtige draak te verslaan. Kom ons beskou die hele gedeelte soos weergegee in die AFR83 vertaling:


“En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom. Hiérin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie, want in hierdie wêreld lewe ons reeds deur die liefde net soos Jesus. Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het" (1 Johannes 4:16-19).


Die liefde waarna Johannes hier verwys, is nie bloot die liefde wat algemeen by die meeste mense te vinde is nie. Hierdie kragtige liefde is afkomstig van net een bron: God. Alhoewel alle goeie gawes van God kom deur sy algemene genade (insluitend die liefde wat ongelowiges vir mekaar het), is die soort liefde waarvan Johannes hier praat 'n liefde wat slegs in 'n persoonlike verhouding met God ervaar word. Soos wat ons meer en meer na Hom aangetrek word, en ons in gemeenskap met Hom tree, begin ons die kragtige, vrees-oorwinnende liefde ervaar wat Syne alleen is. Die verskille tussen 'n verhouding wat op vrees gebaseer is en een gebaseer op liefde word duidelik as ons dit vergelyk met die verskil tussen om deur 'n vreemdeling of deur 'n pa beoordeel te word. Dan sal ons kan verstaan hoe liefde vrees kan uitdryf.


NADENKE


Watter verantwoordelikhede verwaarloos jy as gevolg van vrees? Hoe sal liefde daardie vrese oorkom? Watter stappe moet jy doen om kwaad met goed te oorwin? Wees hier spesifiek oor die take wat jy moet uitvoer.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming Fear, Worry, and Anxiety

Vrees is ons reaksie op 'n gewaarwording van gevaar — die doel daarvan is om ons veilig te hou. Soms kan vrees egter ons beheer op maniere wat nie God se bedoeling was nie. Hierdie leesplan lei jou deur die Skrif, waar G...

More

Ons wil graag dankie sê aan Harvest House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief https://www.harvesthousepublishers.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid