Leesplan inligting

"for King & Country" se album "Crave"Voorbeeld

For King & Country - Crave

DAG 1 VAN 7

"The Proof of Your Love"

Dagsê aan ons YouVersion vriende! Dankie dat julle tyd afstaan om ons "Overflow"-boodskap te lees.


Dit is 'n heel betekenisvolle lied vir ons vanweë die boodskap daaragter. Die oproep in die koor-gedeelte is: "Laat jou lewe 'n bewys wees van u [God] liefde vir ons." Elke aand wanneer ons op die verhoog staan en hierdie woorde sing, is dit ietwat van 'n intense oomblik. Die rede hiervoor is dat dié lirieke so 'n verklaring en oproep tot aksie is dat ons werklik ons motiewe moet ondersoek. Die waarheid is dat indien ons 'n bewys van God se liefde wil wees, sal Hy 'n effek op elk van ons lewensareas hê en dit vernuwe. Die verse van die lied is geïnspireer en gebore uit Paulus se brief aan die Korintiërs, spesifiek 1 Korintiërs 13:1-3:


"Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks." Ongeag van wat ek dus sê, of wat ek glo, en wat ek doen, sonder liefde is ek bankrot.


Dit is interessant om te sien hoe vers vier dikwels die koek vat as die hoofstuk van liefde [liefde is geduldig, liefde is vriendelik], maar ons het die voorafgaande drie verse besonders insiggewend gevind in hoe ons as gelowiges behoort te leef. Dus, aan die begin van ons week saam, laat ons besluit om op te staan, om uit te staan en die bewys te wees!


Luister na die album "Crave" op die "The Overflow" se christelike musiekdiens by: http://oflow.it/00ne/5S8aHxZffw


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

For King & Country - Crave

Met die opwindende aanvang van "for KING & COUNTRY" se loopbaan, is hulle een van die kunstenaarspare wat dopgehou kan word volgens die "Billboard Magazine" van 2012. In hierdie leesplan maak die manne hul harte oop terw...

More

We would like to thank for KING & COUNTRY and The Overflow for providing this plan. For more information, please visit: www.theoverflow.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid