Leesplan inligting

Omvou deur GenadeVoorbeeld

Omvou deur Genade

DAG 1 VAN 5

“Onmoontlik moontlik” Ek en jy sal verlossing nooit heeltemal kan begryp voordat ons ons Verlosser van aangesig tot aangesig ontmoet het nie. Dit blyk té verbysterend goed om waar te wees dat God ons só liefgehad het, dat Hy daarin behae geskep het om Jesus – wat ons lyding en versoeking verstaan het – te verbrysel, vir ons beswil en tot God se verheerliking (Jes. 53:10; Heb. 4:15). Dit lyk té ongelooflik dat Jesus selfs tot die dood toe gehoorsaam was (Fil. 2:8). Dat ons genees is deur sy wonde (Jes. 53:5). Dat Hy selfs te midde van sy lyding barmhartig was (Luk. 23:34). Dat Hy ons gemors aan die kruis gespyker het (Kol. 2:14). Dat die graf leeg is (Joh. 20:1). Dat die dood sy angel verloor het (1 Kor. 15:55). Dat ons waarlik vry is (Joh. 8:36). En dat ons die ewigheid saam met Hom sal deurbring wanneer hierdie lewe in ’n oogwink verby is (Ef. 2:6). Sal jy vandag vir ’n oomblik in verwondering staan oor die tweede kans wat ons gegun is? Die wonder daarvan. DINK NA: Watter aspek van Christus se offer en oorwinning oor die dood roer jou hartsnare die meeste? Kan jy iemand se dag opkikker deur daardie waarheid met haar te deel? GEBED: Jesus, dankie dat U die onmoontlike moontlik maak in my lewe. Ek staan verstom. Amen. Hierdie oordenking is geneem uit OMVOU DEUR GENADE deur Dalene Reyburn © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Omvou deur Genade

God se verlossing bly die een aspek van ons geloofslewe wat ons met vreugde moet vul oor wat God vir ons gedoen het. Deur sy dood aan die kruis het Jesus Christus vir ons ’n tweede kans verdien. Hierdie 5-dag-plan is ’n ...

More

Ons wil graag Dalene Reyburn © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid